Prinse Harry en William het albei onlangs onthul hulle smul af en toe aan Nando’s. 

Die hertog van Sussex, wat die Suid-Afrikaanse restaurant al talle kere besoek het, se beskermingsbeampte het hom glo ’n paar jaar gelede aan die kitskosketting bekendgestel, berig Mirror News.

Volgens ooggetuies het die prins toe hy die eetplek om midderdag in 2013 besoek het ’n bestelling geplaas wat peri-peri-liefhebbers dwars in die krop sal steek. 

Die 34-jarige het glo sowat R436,45 (£24,05) aan wegneemkos vir hom en ’n vriend bestee en ’n suurlemoen-en-kruie-pita met ekstra kaas en romerige fynaartappel as bykos tesame met ’n dubbele hoendertortillla met tjips bestel, berig Daily Express

Hy het ook gaskoeldrank en ’n bottel water gekoop. “Dit was onwerklik,” het ’n klant vertel.

“Hy was baie sjarmant en het beleefd geweier toe ’n lid van die personeel hom vir ‘n foto nader. Ek was stomgeslaan om hom te sien.” 

“Oomblikke nadat hy by die restaurant uit is met sy aandete in ’n papiersak het ’n lid van die personeel op die bank gespring waar Harry gesit het en geskree: ‘Ek is op die prins se troon!’ Niemand kon glo wat gebeur het nie,” het nog iemand vertel.

Klante was taamlik teleurgesteld oor sy bestellig, want die suurlemoen-en-kruiesous is maar flou vergeleke met die kitskosketting se gewilde peri-peri-sous.

Maar Harry is nie die enigste koninklike wat van Nando’s hou nie Die hertogin van Cambridge het onlangs vir die Suid-Afrikaanse medestigter van die restaurantketting, Robert Brozin, gesê hy is ’n groot aanhanger nadat sy polisiebeskermingsbeampte hom daaraan bekendgestel het, berig Hello Magazine.

“Hierdie man (sy beskermingsbeampte) is jou grootste aanhanger. Hy het my aan Nando’s bekendgestel. Dis baie lekker. Hy  behoort ’n aandeel in Nando’s te koop,” het die prins glo vir Robert gesê.

“Ek is nie verbaas hy het Nando’s geëet nie,” het Robert later gesê.

“Die skoonheid van prins Harry en prins William is dat hulle regtig toeganklik is en hulle ouens is wat baie uitgaan – ek is baie bly hulle het dit beproef. 

“Ek was seker hulle sou dit probeer het, want hulle is mense-mense, wat so gaaf is.” 

Bronne: Mirror News, Daily Express, Hello Magazine