Theodore Jantjies en sy verloofde, Tammy van der Merwe, het in Januarie ouers van ’n seun, Shiloh, geword.

Die aktrise Angelique Potgieter en haar rugbyspelerman, Jacques, het in Februarie hul gesin blitsvinnig van drie tot vyf uitgebrei toe hul tweelingdogters, Annabella en Olivia, hul opwagting maak.

Angelique en Jacques Potgieter saam met hul tweelingdogters, Olivia en Annabella. Foto: Martin de Kock.

In Maart het Minki van der Westhuizen en haar man, die oudrugbyspeler Ernst Joubert, ’n derde dogter, Elsa, ryker geword. ’n Maand later is die sangeres Charlize Berg en haar man, Warren Linden, se eersteling, ’n dogter genaamd Aleiah-Rose, gebore.

View this post on Instagram

Hartedief!!!!!! #elsaengeltjie #dogtertjiefees

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Charlize Berg en Warren Linden saam met hul dogtertjie, Aleiah-Rose. Sharon Seretlo.

In Mei het Hanna Grobler en Bok van Blerk ’n dogter verwelkom. Pierre Greeff, hoofsanger van Die Heuwels Fantasties, en sy vrou, Jani, se eersteling, ’n seun, Thys, is in Junie gebore.

Pierre Greeff saam met sy eersteling, Thys. Foto: Facebook.

Die aktrise Nadia Beukes en haar man, David de Villiers, se eersteling, Davey, is in Augustus gebore. In September het die sangeres Andriëtte Norman en haar man, Glynn Moolman, se tweede bulletjie, Glynn André, sy opwagting gemaak.

Nadia Beukes en David de Villiers saam met klein Davey. Foto: Dino Codevilla.

Die sanger Pieter Smith en sy vrou, Yolandi, se seuntjie, Pieter David, is in Oktober gebore. Net ’n dag later het die omroeper en aanbieder Robbie Kruse en sy vrou, Lynn, se dogtertjie, Lara, haar opwagting gemaak.

Pieter Smith en baba Pieter David. Foto: Facebook.

Die akteurspaar Anelle en Stefan Ludik se seuntjie, Leonard, is in November gebore. In dieselfde maand het Ricus Nel en Liza Brönner hul eersteling, Dawid, verwelkom.

Stefan Ludik met klein Leonard in sy arms. Foto: ER Lombard.

Van die sportsterre by wie die ooievaar gekuier het, is die oud-Bok Bryan Habana en sy vrou, Janine, in April (Gabriel); die Protea JP Duminy en sy vrou, Sue, op Lentedag (Alexa-Rose); en die oud-Protea Morné Morkel en sy vrou, Roz Kelly, in November (Leo).