Die Good Morning Britain-aanbieder (53) het op George (57) se bewering gereageer deur ’n rubriek vir Daily Mail te skryf waarin hy die ster daarvan beskuldig dat hy op ’n dwaalspoor is. 

“Toe sy (prins) Harry ontmoet, was Meghan nie ’n naïewe, jong 19-jarige maagd soos Diana nie. Sy was ’n 35-jarige geskeide vrou met ’n suksesvolle akteursloopbaan wat geweet het wat sy doen,” skryf Piers. 

George, wat met Meghan (37) en Harry (34) vriende is, het die voortdurende kritiek oor die hertogin met die behandeling van wyle prinses Diana vergelyk, berig honey. Nine

Maar Piers sê die media moenie die blaam vir Meghan se media-ellende kry nie, want dit is haar eie familie wat haar slegmaak, skryf The Sun.

“(George) is verkeerd om die media vir negatiewe opskrifte te blameer wat grootliks deur Meghan se eie familie gedryf word.

“Hulle is die mense wat haar beswadder, want sy het hulle almal verwerp, en dis te verstane dat hulle daaroor seergemaak voel,” brei hy uit.

Piers verwys na Meghan as ’n ambisieuse sosiale vlinder en beweer sy “melk al die wêreldroem en aandag wat agterna na haar kant toe gekom het met duidelike genot”.  

George Clooney
George Clooney. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Piers Morgan
Piers Morgan. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Hy sluit af deur aan te voer dat as George Meghan se ware vriend was, hy haar sou aanraai om met haar pa, Thomas Markle, versoen te raak pleks van haar vriendinne vra om hom in ’n onlangse onderhoud met die Amerikaanse tydskrif People aan te val.

In die onderhoud het haar naaste vriendinne die ware feite oor haar verhouding met haar pa en haar beweerde moeilike gedrag probeer gee. 

Bronne: Daily Mail, honey.nine, The Sun