Mandi du Plooy-Baard

Jeandré, Schalk, Sumé en Mandi Baard. Foto: Verska
Jeandré, Schalk, Sumé en Mandi Baard. Foto: Verskaf

Al is sy baie trots op haar erfenis en kultuur, is die Getroud met rugby-aktrise Mandi du Plooy-Baard nie noodwendig ingestel op die manier hoe sy dit op dié spesifieke dag vier nie.

“Op so ’n dag fokus ek ’n bietjie meer op die gehaltetyd wat ek saam met my man, Schalk, en kinders, Jeandré en Sumé, deurbring,” verduidelik Mandi.

“Maar ’n dag soos dié laat my wel besef dis belangrik om my kinders aan hul erfenis te herinner en te leer van die verskillende kulture wat ons land so mooi inkleur.”

Hoewel hulle gewoonlik ook op vakansiedae aan hul sepie verfilm, beplan Mandi om steeds met haar gesin te braai.

Wat is jou boodskap vir Suid-Afrikaners vir Erfenisdag?

"Mag jy vandag met groot vrymoedigheid jou ware menswees vier en mag jy met nog groter trots onthou en jou kultuur waardeer!"

Jolene Martin

Jolene Martin. Foto: Verskaf
Jolene Martin. Foto: Verskaf

Dié Arendsvlei-aktrise en haar ouers gaan op Erfenisdag die !Khwa ttu-kultuursentrum naby die kusdorp Yzerfontein besoek om hul Khoisan-erfenis te vier.

“Hulle het ’n jaarlikse viering daar wat ons tradisionele kulturele aktiwiteite herdenk,” sê Jolene.

Vanjaar gaan Jolene na die !Khwa ttu-kultuursentru
Vanjaar gaan Jolene na die !Khwa ttu-kultuursentrum in Yzerfontein om Erfenisdag te herdenk. Foto: Verskaf

Vanjaar sien sy veral daarna uit om inheemse juweliersware uit volstruisdopkrale te maak vir haar familie wat na Malta en Finland verhuis het.

“Hopelik sal die dames by !Khwa ttu my ook in die kombuis toelaat en vir my leer om spekboomsop te maak,” vertel sy opgewonde.

Wat is jou boodskap vir Suid-Afrikaners vir Erfenisdag?

"Ons moet die Khoisan-motto onthou wat op die Suid-Afrikaanse blasoen (coat of arms) teenwoordig is: “!ke e: Ixarra IIke”. Dit beteken 'diverse people unite'. Ons kan soveel vermag as ons ons berus in hierdie motto."

Jawaahier Petersen 

Suidooster se Jawaahier Petersen vier Erfenisdag m
Suidooster se Jawaahier Petersen vier Erfenisdag met ’n koesister. Foto: Verskaf

Sy is nie vreeslik lief vir koesisters nie, maar op dié spesiale dag sal sy een eet om ’n deel van haar geskiedenis te vier, vertel die Kaapse aktrise Jawaahier Petersen, wat ons ken as Kaashifa in die sepie Suidooster.

Die ma van twee is ook die hoofsanger van die musiekgroep Die Jaloersbokkies, waarvan haar jonger broer, Ashur Petersen, en die sangeres Nadine Blom ook deel is.

Jawaahier is ma van twee jong spruite. Foto: Versk
Jawaahier is ma van twee jong spruite. Foto: Verskaf

“Sedert ons Die Jaloersbokkies begin het, het ek ’n doelbewuste poging aangewend om my erfenis meer gereeld te vier. Ek probeer elke dag maniere kry om meer tradisionele kos te kook, woorde uit my Kaaps-Maleise agtergrond te gebruik en musiek en klanke wat deel is van my erfenis te vier,” sê sy.

Wat is jou boodskap vir Suid-Afrikaners vir Erfenisdag?
"Ironies genoeg onderstreep ons verskille eintlik hoe ons dieselfde is. Vir te lank het strukture die mag gehad om ons krag te ondermyn, eensgesindheid te saboteer en te skei dit wat geestelik ’n eenheid is."

Sesethu Ntombela

Sesethu sien uit na braai by haar vriendin. Foto:
Sesethu sien uit na braai by haar vriendin. Foto: Instagram (@sesethuntombela)

’n Braai by haar vriendin en gesin is deel van haar planne vir Erfenisdag, sê Sesethu Ntombela, wat bes bekend is as Khethiwe in 7de Laan. Sy wil haar sowel as haar vriende se erfenis op hierdie spesiale dag vier.

“Suid-Afrika is werklik ’n samesmelting van verskillende kulture en erfenisse, en dít is wat ons land so ryk in gees maak. Dit is noodsaaklik om ons erfenis te vier en ons herkoms te eer, maar dit is ook belangrik om meer oor mekaar se verskillende erfenisse te leer en dit te omarm.”

Wat is jou boodskap vir Suid-Afrikaners vir Erfenisdag?
"Suid-Afrikaners, op hierdie wonderlike dag, kom ons onthou wie ons is en waar ons vandaan kom. Kom ons vind geluk en trots in ons ryk geskiedenis en laat ons hierdie gees oordra aan die vele generasies wat na ons kom."

Germandt Geldenhuys

Germandt Geldenhuys. Foto: Instagram (@germandtg)
Germandt Geldenhuys. Foto: Instagram (@germandtg)

“Ek hou daarvan om op elke Erfenisdag te braai, maar ook om die erfenisse van ander Suid-Afrikaanse kulture te ontdek,” vertel die Binnelanders-akteur Germandt Geldenhuys.

Verlede jaar het hy vir die eerste keer Kaaps-Maleise koesisters probeer, en die jaar voor dit het hy sy huishulp gevra om hom te leer om “behoorlike pap” te maak.

“Ek dink nog aan watter ander kulture se kossoorte ek hierdie jaar wil probeer. Voorstelle kan vir my op Facebook gestuur word,” lag hy.

Vir hierdie jaar se Erfenismaand het hy sommer vroegtydig met ’n nuwe projek begin.

“Om ons Afrikaanse literêre erfenis te vier, het ek ’n rits Suid-Afrikaanse kunstenaars gevra om hul gunsteling- Afrikaanse gedigte voor te lees,” sê hy.

Dié video’s vorm deel van die #WoordvloedErfenisProjek en word daagliks op sy Facebookblad, WoordVloed, gedeel.

“Dis vir my baie belangrik dat wanneer ons ons erfenis vier, ons nie vergeet van die skrywers, digters en denkers wat voor ons gekom het nie,” sê Germandt.

Wat is jou boodskap vir Suid-Afrikaners vir Erfenisdag?

"Ek haal graag een van my gunsteling-gedigte, deur DJ Opperman, aan:

”. . . gee sin aan voorgeslagte deur die eeue heen, maar besef jy is ’n vegter weer aan die begin alleen.

"So belangrik as wat dit is om te weet waarvandaan jy kom en wie jy is, dink ek die belangrikste is m te weet dat jy weer aan die begin alleen staan. Jy is die skrywer van jou eie, nuwe storie en hierdie einste storie gaan oor 50 jaar van nou af jou nageslagte se erfenis-storie wees.

"Maak seker dis ’n mooi verhaal waarop jou nasate met trots kan terugkyk."