LEAH

Handseep, antibakteriese sproei en ontsmetlappies is 'n moet, vertel die sangeres Leah. Sy tree verantwoordelik op, maar verwerp vrees en paniek.

Die sangeres Leah vertel sy groet mense nou deur v
Die sangeres Leah vertel sy groet mense nou deur vir hulle te buig. Foto: Verskaf

“Ek’t vrede in my hart. God se hand is oor hierdie hele situasie.”

Die voormalige Boer soek 'n vrou-aanbieder het Vrydag op die eerste dag van inperking 'n foto op Instagram gedeel van haarself en daarby geskryf: "Goeie môre! En ek sê goeie want van vandag af staan ons as nasie saam om COVID-19 te beveg en so onseker en moeilik soos dit is, gaan ons 'n daadwerlike verskil maak as ons tuisbly! Sterkte aan elkeen van julle, slaan jou oë op na Bo en onthou waarvandaan jou hulp kom."

Leah is trots op die feit dat Suid-Afrika so vinnig maatreëls in plek gestel het om die verdere verspreiding van COVID-19 te beperk. “So erg soos wat dit voel, ons moet maatreëls in plek stel. Hopelik gaan dit vir ons werk,” vertel sy. 

Leah het aanvanklik groot geskrik toe al haar vertonings vir die volgende twee maande gekanselleer is. Sy en haar man, Hennie van Niekerk, geniet dit nou om saam tuis te wees.

“Ek gaan hierdie tyd regtig benut om meer tyd saam met my naastes te geniet,” vertel Leah.

TIM THERON

Dis almal se verantwoordelikheid om die verspreiding van die virus en die impak daarvan op ons land te beperk, benadruk dié akteur en regisseur.

Hy en sy vrou, Juanli, werk nou albei van die huis af en probeer om ’n positiewe roetine met hul twee spruite, Sophia (5)en Migael (3), te hê.

Dis almal se verantwoordelikheid om die verspreidi
Dis almal se verantwoordelikheid om die verspreiding van die virus en die impak daarvan op ons land te beperk, benadruk dié akteur en regisseur. Foto: Verskaf

“Ons doen baie aktiwiteite. Ons sien dit as ’n geleentheid om as gesin gehaltetyd saam deur te bring.”

Tuis is hy ook ’n paar produksies aan die ontwikkel. “Ons hou duim vas dat die produksies nie negatief beïnvloed word nie en ons steeds daarmee kan voortgaan.”

ARNO GREEFF

Die akteur Arno Greeff, wat die rol van die pierewaaier Braam vertolk in Huisgenoot se tweede fliek, Vergeet my nie, doen die verantwoordelike ding en bly heeltyd tuis.

Die akteur Arno Greeff, wat die rol van die pierew
Die akteur Arno Greeff, wat die rol van die pierewaaier Braam vertolk in Huisgenoot se tweede fliek, Vergeet my nie, doen die verantwoordelike ding en bly soveel moontlik tuis. Foto: Verskaf

Alle projekte waaraan hy tans werk, is uitgestel tot daar meer sekerheid oor die stand van sake met die virus is.

“Dis belangrik vir my dat die virus nie verder versprei nie – veral nie na mense wat weens hul ouderdom of algemene gesondheid kwesbaarder is nie.”

Tydens selfisolasie het hy nêrens gegaan sonder sy botteltjie handreiniger wat aan sy belt hang nie.

“Ek vat dit oral saam met my, was gereeld my hande en vermy dit om aan my gesig te vat. Hopelik gaan ons vinnig hierdie ding oorwin, en dan kan ons weer aangaan soos normaal.”

JAWAAHIER PETERSEN

Vir Suidooster se Kaashifa Mansour en haar gesin is selfisolasie baie belangrik.

Die aktrise sê sy en haar man, Ridhaa Damon, doen verskriklik baie om hul twee jong kinders, Raadhi (7) en Ranaa (3), besig te hou.

Die aktrise sê sy en haar man, Ridhaa Damon, doen
Die aktrise sê sy en haar man, Ridhaa Damon, doen verskriklik baie om hul twee jong kinders, Raadhi (7) en Ranaa (3), besig te hou. Foto: Verskaf

“My kinders sien glad nie meer die buitelug nie; daarom hou ek daarvan om kreatiewe dinge met hulle te doen, soos om te verf of in die kombuis te bak.”

Om heeltyd tuis te wees is soms ’n uitdaging, maar tog geniet hulle ook die tyd saam as gesin.

“Dis soos die dae voor tegnologie ons apart vermaak het,” vertel Jawaahier.

ROZANNE McKENZIE

Inperking beteken vir die gewilde TV-aanbieder en radiopersoonlikheid meer gesinstyd.

“Ek dink dis die silver lining in hierdie hele situasie. Om ’n bietjie stil te staan en die belangrike dinge in die lewe te waardeer.”

Sy en haar musikantman, Chris Bishop, het vir hul twee kinders, James (5) en Fallon (2), alles oor COVID-19 mooi verduidelik en hoekom hulle nie skool toe kan gaan nie.

Rozanne en haar musikantman, Chris Bishop, het vir
Rozanne en haar musikantman, Chris Bishop, het vir hul twee kinders, James (5) en Fallon (2), alles oor COVID-19 mooi verduidelik en hoekom hulle nie skool toe kan gaan nie. Foto: Verskaf

“Ons het vir hulle ook gewys hoe om 20 sekondes lank hul hande te was. Ons eet baie gesond en oefen gereeld.”

Volgens Rozanne kan dit vir ’n vryskut moeilik wees om geld te verdien weens die klem op afstand tussen mense.

“Ek is egter baie gelukkig oor hoe Jacaranda FM ons gesondheid prioritiseer. Ek is al verlede week die opsie gegee om van die huis af uit te saai en ek doen ook ander stemwerk. Ek is so bly daaroor.”

KATE ROOTHMAN

Vir Getroud met rugby se Anna is dit wonderlik om te sien hoe almal saamstaan, weer “mens” raak en die klein dinge in die lewe begin waardeer.

“Die wêreld is in dié stadium vir my ’n beautiful chaos,” sê Kate.

Vir Getroud met rugby se Anna is dit wonderlik om
Vir Getroud met rugby se Anna is dit wonderlik om te sien hoe almal saamstaan, weer “mens” raak en die klein dinge in die lewe begin waardeer. Foto: Verskaf

Sy glo in meer as net hande was. Kate ontsmet dinge soos ligskakelaars en deurhandvatsels in die huis, en ook die verpakking of houer van enige produk wat sy koop.

Kate vertel dat sy van die begin af die erns rondom COVID-19 ingesien het, omdat die getalle mense wat met die siekte gediagnoseer is so drasties toegeneem het. “Dit was en is skrikwekkend. Omdat ek 'n asma-lyer is, weet ek hoe dit voel om nie asem te kry nie,” vertel Kate.

“COVID-19 is verskriklik en moet beslis nie ligtelik opgeneem word nie. Maar ’n mens moenie toelaat dat dít wat op die oomblik aangaan jou menslikheid of vrede onderdruk nie.

“Lig oorwin altyd die donker, altyd!”

GERMANDT GELDENHUYS

Eers was COVID-19 iets wat elders in die wêreld gebeur en het hy net gereelder hande gewas, vertel Germandt Geldenhuys, oftewel Louis Koster van Binnelanders.

Eers was COVID-19 iets wat elders in die wêreld ge
Eers was COVID-19 iets wat elders in die wêreld gebeur en het hy net gereelder hande gewas, vertel Germandt Geldenhuys, oftewel Louis Koster van Binnelanders. Foto: Verskaf

“Toe is dit skielik in Suid-Afrika, en nou neem ek dit baie ernstiger op en volg al die nodige voorsorgmaatreëls,” vertel Germandt.

Hy was ook nou elke 15 minute sy hande, nie omdat hy paranoïes is nie, maar omdat hy wil seker maak hy doen sy deel om die virus se verspreiding hok te slaan.

“Ek hoop en vertrou dat mense nie so simpel sal wees om die voorsorgmaatreëls teen die virus te ignoreer nie. Want dit is ’n pandemie dié wat jy nie sonder handskoene aanpak nie – letterlik en figuurlik,” sê Germandt.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.