Die oud-7de Laner, wat deesdae in die kykNET-sitkom Mense Mense te sien is saam met Bobby van Jaarsveld, is tans by die 71ste Cannes-rolprentfees in Frankryk. En Crystal hoef nie een tree terug te staan vir die modieuse Hollywoodsterre wat jaarliks op die rolprentfees toesak nie.

Die plaaslike aktrise het in die sosiale media foto’s van haar stylvolle uitrustings met haar aanhangers gedeel.

Sy kan nie uitgepraat raak oor die fees nie. “Dag 1 by die #cannesfilmfestival was asemrowend en ek wil nog hê,” het sy onderaan die foto geskryf. 

Day 1 @ #cannesfilmfestival was breathtaking and I want more. Showing some leg in @_yde_ @nfvfsa @mcdonalds_za #yde #ydefashion #cannes2018 #beachplease #frenchriviera #cannes

A post shared by crystal donna roberts (@crystaldonnaroberts) on

Die aktrise het onlangs by die Safta-toekennings ’n prys vir beste aktrise in ’n fliek losgeslaan vir haar rol in Krotoa. Crystal is geen groentjie as dit by die rooitapyt kom nie en het beeldskoon gelyk in ’n swart skepping deur Lena Lisa op die eerste aand van die fees.

Die Krotoa-aktrise het ook vertel hoe druk besig haar rooster is en gebieg sy het ’n paar keer daar verdwaal. 

Op die foto is sy in nog ’n stylvolle uitrusting te sien en het daarby geskryf: “Ek het ’n paar keer verdwaal, en ek is seker dat ek ’n nog ’n paar keer sal verdwaal, maar dis alles wonderlik, inspirerend en motiverend.”

By nog ’n foto poseer sy voor seiljagte. “Alles is net lekker. Baie baie lekker!,” laat hoor sy by die inskrywing. 

Crystal was ook onlangs saam met haar Krotoa-medesterre Armand Aucamp, Roeline Daneel en Ernest St. Clair in China by die Beijing- Internasionale Rolprentfees. 

Oh so fancy!!! #beijinginternationalfilmfestival @roelinedaneel @armandaucamp

A post shared by crystal donna roberts (@crystaldonnaroberts) on

Die akteurs het toe omtrent hul lyf toeris gehou.