Die 33-jarige aktrise het op 8 Julie vermis geraak nadat sy saam met haar vierjarige seun ’n boot gehuur het, en beamptes het nou bekendgemaak sy het waarskynlik net genoeg krag bymekaargeskraap om haar seuntjie, Josey Hollis, te red, berig CNN.

View this post on Instagram

#TBT

A post shared by Naya Rivera (@nayarivera) on

Dit volg op ’n ses dae lange soektog na Naya se lyk nadat sy saam met Josey in die meer gaan swem het. Josey is ure later aan die slaap in die boot aangetref.

Hy het ’n reddingsbaadjie aangehad terwyl sy ma s’n nog aan boord was. 

Volgens Metro het Bill Ayub van die Ventura-polisiekantoor in ’n mediakonferensie oor Naya se verdwyning en sterfte onthul sy het waarskynlik haar seun gered voor sy dood is. 

“Ons vermoed dit was namiddag toe sy verdwyn het. Dit sou bespiegeling wees om in hierdie stadium te sê hoe haar seun in die boot teruggekom het, maar nie sy nie. Daar is baie strome op die meer wat veral in die namiddag verskyn,” sê Ayub. 

“Die idee is dat die boot dalk begin dryf het, dit was nie geanker nie, en dat sy genoeg energie bymekaargeskraap het om haar seun in die boot te kry, maar nie genoeg om haarself te red nie.” 

Piru-meer
Die Piru-meer waar Naya se lyk gevind is. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die aankondiging is gemaak nadat die polisiekantoor gesê het hulle is “seker” dat die drywende lyk wat hulle aangetref het in die noordoostelike deel van die meer, waar die water 10 tot 18 m diep is, dié van Naya is, berig Elle.

“Daar’s digte struike en bome op die meerbodem daar,” het Ayub tydens die openbare inligtingsessie gesê. 

Die polisie het bygevoeg daar was geen teken van gemenespel of dat Naya haar eie lewe geneem het nie. Maar ’n lykskouing sal steeds gedoen word. 

View this post on Instagram

Mamacita #waybackwednesday

A post shared by Naya Rivera (@nayarivera) on

“Dit was bloot ’n tragiese onopsetlike verdrinkdood,” sê Ayub. 

Naya word oorleef deur haar seun, wat blykbaar ongedeerd en by haar familie is, haar suster, Nickayla, broer, Mychal, en ouers, George en Yolanda, berig Cosmopolitan

View this post on Instagram

just the two of us

A post shared by Naya Rivera (@nayarivera) on

Bronne: CNN, Metro, Elle, Cosmopolitan