Haar lewe inspireer haar musiek

Without Me gaan oor ’n eks wat verkeerdelik dink hy kan sonder haar klaarkom. Dis glo geïnspireer deur haar aan-af-?verhouding met die rapper G-Eazy (29), saam met wie sy die treffer Him & I opgeneem het.

Nog ’n treffer van haar boer boonop op trefferlyste oor die wêreld heen – die oorwurm Eastside, saam met Benny Blanco en Khalid.

Grootbaas

Tot 200 mense werk vir haar wanneer sy toer. Omdat sy so besig is, is dit moeilik om gewone vriende te hê, het Halsey al vertel.
“Almal in my span is my beste vriende,” maar sy erken sy moes al twee van haar vriende die trekpas gee.

Musiek genees haar

Bipolêre gemoedsteuring is op 17 by Halsey (24) gediagnoseer – dieselfde siekte waaraan haar ma, Nicole, ly. Musiek help baie, sê Halsey.

“Dis hoekom ek so baie toer. Ek stel endorfiene, serotonien, dopamien en norepinefrien vry. Dis letterlik soos ’n dwelm”.

Reënbooghare

Halsey is altyd voor in die modekoor as dit by haar haarstyle kom. Blou, pienk . . . sy’t al met al wat ’n haarkleur is, gespog. Sy deel gereeld kiekies van haar transformasies met haar 9,5 miljoen Instagram-aanhangers.

View this post on Instagram

tokyo fashion week ting ?? ??: @x.x.198.x.x

A post shared by halsey (@iamhalsey) on



View this post on Instagram

Told me I was holy. @donslens

A post shared by halsey (@iamhalsey) on

Dis in ’n naam

Halsey se geboortename is eintlik Ashley Nicolette Frangipane. Die inspirasie vir haar verhoognaam is een van die strate in Brooklyn, New York, waar sy grootgeword het.

Pad na roem

Haar groot deurbraak was in 2014 toe sy haar eerste snit, Ghost, op SoundCloud uitgereik het. Sy het dit tienuur die aand opgelaai en binne vyf uur het vyf platemaatskappye haar gekontak!

Haar debuutalbum, Badlands, is ’n jaar later uitgereik en het die tweede plek op die Amerikaanse Billboard 200-albumtrefferlys bereik.

BRONNE: BILLBOARD.COM, THISMUSICBEPOP.COM, ETONLINE.COM, MEDIUM.COM, ALTPRESS.COM, HOLLYWOODLIFE.COM, INSTAGRAM, REFINERY29.COM, ELLE; FOTO: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES