David sê dis “só cool” om eindelik Chantel sy vrou te noem. Foto: Zanje la Grange

En hy spog boonop met haar van! Die akteur heet nou David Konrad-Nilson.

Hul oorspronklike troudatum was in Maart 2020, maar toe word die inperking aangekondig – net drie dae voor hul bruilof.

Ná ’n tweede uitstel tydens die inperking was die akteur verheug toe hul aanvanklike venue, God’s Gift Events, buite Pretoria, ’n opening het vir 10 April.

David soen sy bruid. Foto: Zanje la Grange
Die paartjie se hond, Odin, was die ringdraer. Fot
Die paartjie se hond, Odin, was die ringdraer. Foto: Zanje la Grange

“Dis die datum waarop my ma en pa getrou het en my pa se verjaardag,” verduidelik David, wat bes bekend is as dr. Herman du Preez in die sepie Binnelanders.

Chantel het gestraal in ’n skepping deur Fynbos Bridal Boutique in Pretoria. Hul hondekind, Odin, was die ringdraer.

Dit bestaan uit ’n verloofring en troupand van wit
Die trouring bestaan uit ’n verloofring en troupand van witgoud met 36 klein diamante. Foto: Zanje la Grange

“Ek het soos ’n prins in Frozen gevoel. Sy het pragtig gelyk en ek het lekker gehuil,” sê hy.

Die wittebrood gebeur plaaslik. “Ons wou nie met maskers aan op ’n vliegtuig sit nie, so ons doen ’n epic road trip deur ons land.”

David op sy trou­dag. Hy’s bes bekend as dr. Herma
David op sy trou­dag. Hy’s bes bekend as dr. Herman du Preez in Binnelanders. Foto: Zanje la Grange

Die paartjie sou aanvanklik trou die naweek voor pres. Cyril Ramaphosa die inperking aangekondig het.

Dié omstandighede het hulle eindelik met geen keuse gelaat as om nie op die oorspronklike datum af te haak nie. “Sjoe, praat van ’ moeilike besluit,” het David destyds aan Huisgenoot vertel.

“Daar was nog soveel verskillende stories in daardie stadium, maar nadat ons saam gesit en al die feite mooi bekyk het, het ons besluit om die troue uit te stel, is die beste vir almal.”

Nadat die paartjie die groot besluit geneem het, het hulle onmiddellik vrede daarmee gehad, het David vertel. 

Die pasge­troudes op die dansvloer. Foto: Zanje la
Die pasge­troudes op die dansvloer. Foto: Zanje la Grange

Die paartjie het toe besluit om die beste van ’n slegte situasie te maak en het toe al die kos vir hul troue aan liefdadigheid geskenk. 

“Toe die venue voorstel dat ons die kos aan die Kungwini-welsynsorganisasie skenk, het ons nie eens twee keer daaroor gedink nie,” het hy vertel. 

“Ons wou so ’n bietjie positiwiteit in mense se lewe bring in daardie tyd toe al die nuus negatief was,” het hy gesê. 

En die besluit was toe die wag werd, want nou is hy en Chantel eindelik man en vrou.

Chantel se pa, Arrie Nilson, loop saam met haar in
Chantel se pa, Arrie Nilson, loop saam met haar in die paadjie af. Hy is ’n bekende diamantsetter en het die paartjie gehelp om Chantel se trouring te ontwerp. Foto: Zanje la Grange

Chantel se trouring is deur haar pa, Arrie Nilson, help ontwerp. Arrie is ’n bekende diamantsetter en het die paartjie gehelp om Chantel se trouring te ontwerp. Dit bestaan uit ’n verloofring en troupand van witgoud met 36 klein diamante.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.