Die Bokheelagter Andries Coetzee en sy vrou, Mart,
Die Bokheelagter Andries Coetzee en sy vrou, Mart, het hul troudag met ’n pragfotosessie gevier. Hulle is al op 15 Mei getroud, maar kon weens die inperking nie al hul planne deurvoer nie. Foto: Casper Willemse by CLW Lifestyle

Maar die twee het besluit om in Mei voort te gaan met hul troue in die NG kerk Muldersdrift met net ds. Sumari Redelinghuys, haar man, Julian, en kollega, ds. Neels Kloppers, as getuies. 

View this post on Instagram

The ONLY accessory a woman needs to have ...is her HUSBAND- legally and FOREVER. And i'm wearing mine with so much pride ( i know my face says it all) • Even though it wasn't the big white wedding as planned (... yet, and believe me that day WILL come somewhere in 2021) the feeling of being married to my best friend and the love of my life exceeds all my expectations. • This Corona virus came upon us like a thief in the night. Took away which was supposed to be the most beautiful and special and memorable day of our lives. Our wedding day! Similar to waking up and to find your house empty and you had absolutely NO idea it was coming, what just happened or what to do , we were robbed from our fairytale day. NO idea it would've been so extreme and that there's absolutely nothing you can do. • BUT with that said , SO much was also given to us in this time. The opportunity to start our lives together, say our i do's, make our vows to each other, and the most important part , being able to do this before two witnesses and our AMAZING God. (Plus i got to wear my @badgleymischkabride wedding shoes ???? BONUS) • Sometimes life happens- and everything doesn't go as planned or according to our plans- but with this beautiful human and husband next to me- life can bring whatever it wants. We're ready. • Me and you, just us two. Forever & Always ?? 15•05•2020

A post shared by MART COETZEE (@mart_coetzee) on

Hul families het deur ’n video-oproep ingeskakel. 

“Vir ons wat dit baie spesiaal dat ons voor God ’n belofte kon maak. Ons kon steeds ons beloftes aan mekaar maak en deur al die trane deur was ds. Sumari se boodskap iets wat ons altyd sal bybly:  ‘Twee is sterker as een. Saam bereik hulle meer’.”

Andries (30) en Mart (29) het onlangs ’n pragfotosessie gehad om hul huwelik te vier. 

“Ons het besluit om die seisoen waarin ons nou is, op kamera vas te vang. Ons is en voel soos pasgetroudes. En wie weet, dalk is daar teen volgende jaar ’n pienkvoet en dan weet ek nie of my rok sou pas nie,” laat Mart hoor. 

Die paartjie het steeds spesiaal gevoel toe hulle
Die paartjie het steeds spesiaal gevoel toe hulle hul trouklere kon aantrek, vertel Mart. Foto: Casper Willemse by CLW Lifestyle
Foto: Casper Willemse by CLW Lifestyle
Foto: Casper Willemse by CLW Lifestyle

Die dag van hul fotosessie was pragtig en perfek, voeg sy by.  

“’n Mens kan nie anders nie as om ekstra mooi en spesiaal te voel die oomblik dat jy jou pak en rok aantrek. Of dit nou vir ’n kerk vol mense of net vir mekaar is, dit was ongelooflik,” vertel Mart, wat as onderwyseres opgelei is.

“Die fotograaf en die mense by die lokaal het absoluut uit hul pad gegaan om dit perfek te maak. Die son het so mooi saamgespeel. En Andries was ook op sy gemak.”

Andries was op sy gemak voor die kamera verklap Ma
Andries was op sy gemak voor die kamera. Foto: Casper Willemse by CLW Lifestyle
Foto: Casper Willemse by CLW Lifestyle
Foto: Casper Willemse by CLW Lifestyle

Die verliefdes moes ook vir eers hul wittebrood uitstel. 

“Ons beplande wittebrood in die Maledive gaan nie vanjaar gebeur nie, maar ons hoop om steeds volgende jaar te kan gaan. Ek sien Japan ook as honeymoon omdat ons die gehaltetyd daar vir niks sal verruil nie," vertel Mart. Andries draf daar vir die rugbyklub Kintetsu Liners uit.

"Andries het my ook tydens die inperking na Timamoon Lodge in Hazyview gevat vir ’n langnaweek-wegbreek, en ons kon ook na ons ouerhuise gaan.” 

Intussen het Andries weer op 26 Augustus teruggekeer Japan toe waar hy sedert 2019 vir die Kintetsu Liners speel. Hy het vanjaar na die Lions teruggekeer vir die SuperRugby-kompetisie, maar die seisoen is deur die covid-19-pandemie gekortwiek. 

“Ons wag nog om die bal aan die rol te kry vir my visum sodat ek by hom kan aansluit. Japan sal ons huis wees tot Mei 2021. Ons hoop om teen Januarie volgende jaar te weet waarheen ons volgende gaan. Of dit nou terug by die Lions in Suid-Afrika is, nog ’n seisoen in Japan of dalk ’n ander span in ’n ander land. Enige journey is vir ons ’n voorreg as pasgetroudes,” sê Mart. 

Foto: Casper Willemse by CLW Lifestyle
Foto: Casper Willemse by CLW Lifestyle
Foto: Casper Willemse by CLW Lifestyle
Foto: Casper Willemse by CLW Lifestyle
Die foto's is by GROUND in Muldersdrift geneem. Fo
Die foto's is by GROUND in Muldersdrift geneem. Foto: Casper Willemse by CLW Lifestyle