Maar toe haal die Bulls-skrumskakel Ivan van Zyl die Springbokspan. Ivan en sy verloofde, Tanya Raven (23), ’n finalejaar-regstudent aan die Universiteit van Pretoria, het aanvanklik hul trouplanne gemaak om by die Bulls se rooster in te pas.

“Ek het nooit gedink ek sal voor my troue vir die Bokke uitdraf nie,” sê Ivan, wat aan die einde van verlede jaar ’n skoueroperasie ondergaan het. “Ek werk hard en doen my deel, maar dis net genade van die Here,” voeg hy by.

Tanya se pa, Wilco, stap saam met haar kansel toe. Foto: Lani Serfontein Photography

Hy is op 2 Junie by die Bokke se beginspan teen Wallis ingesluit en het ook in die eerste twee toetse teen Engeland gespeel.

Daar was ook ’n kans hy sou die wedstrydgroep vir die derde toets teen Engeland op 23 Junie haal.

Die Springbok-­skrumskakel Ivan van Zyl en Tanya Raven straal op hul troudag by Bell Amour, buite Pretoria. Foto: Lani Serfontein Photography

Maar 23 Junie was hul troudatum. Tanya het toe voorgestel hulle stel die troue met ’n dag uit. Toe Ivan die Springbokspan haal, was die oomblik vir haar amper net so groot as om te trou. “Hy het hard gewerk en ek is so trots op hom.”

Hulle sny hul troukoek. Foto: Lani Serfontein Photography

Binne twee weke het hulle al die troureëlings aangepas. “Ons verskaffers het besef dis ’n groot geleentheid en almal kon ons tegemoetkom,” vertel ’n dankbare Tanya.

Hul sprokiesdag was toe op 24 Junie. Die troue is gehou by Bell Amour, buite Pretoria, en die Springbok Jan Serfontein se vrou, Lani, het die troufoto’s geneem.

Tanya se ma, Surette, help haar gereedmaak vir haar groot dag. Foto: Lani Serfontein Photography

Ander Bokke onder die gaste was Lood de Jager en Trevor Nyakane.

Trevor en sy vrou,Gavaza
Lood en sy vrou, Constance. Foto: Lani Serfontein Photography

Die bruidspaar het ’n pastel kleurskema gekies en glas-elemente, soos kandelare, het die prentjie mooi afgerond.

Ivan is vol lof vir sy verloofde, wat tussen haar eksamen deur al die reëlings vir hul troudag aangepas het.

Ivan by van sy Bulls-spanmaats. Van links is Jan Serfontein, Lood de ­Jager, Ivan, RG Snyman, Dries Swanepoel, ­Trevor Nyakane en Jan van der Merwe. Foto: Lani Serfontein Photography

“Ek is so dankbaar die Here het haar vir my gegee. Ek kan nie wag om die res van my lewe saam met haar deur te bring nie,” sê hy.

Gelukkig het hulle darem tyd vir ’n week lange wittebrood op Mauritius voor Ivan weer op die rugbyveld moet uitdraf.