Klein Aleiah-Rose Linden is net ná tienuur in die Netcare Unitas-hospitaal gebore en weeg 2,94 kg. Sy is 49,5 cm lank.

Charlize Berg se dogtertjie is Dinsdagoggend gebore. Foto: Verskaf

Die klein lyfie is Charlize en Warren se eerste kind en 'n mens kan op die foto’s sien hulle is reeds dolverlief op hul pienkvoet. Albei glimlag van oor tot oor terwyl die baba slaap. 

Ons het telefonies met haar ma, Ilse Berg, gesels en sy het bevestig alles het goed gegaan met die keisersnit en dat “mamma en baba baie gesond is”. 

Daar was geen komplikasies tydens geboorte nie en Charlize is rustig.

Charlize het in November 2017 die nuus in die sosiale media aangekondig dat sy en Warren ’n baba verwag. 

“Ons is opgewonde om die wonderlike nuus met almal te deel!! Ek en Warren verwag ons eerste wonderwerkie,” het Charlize toe op Instagram geskryf.

Kyk net hierdie pragtige foto’s. 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf