Sorina Erasmus, ook bekend as die Flooze, het twee jaar gelede op ’n vindingryke manier met haar liedjie Hoofletters wonderlike nuus met haar bewonderaars gedeel dat daar ’n boetie of ’n sussie op pad is vir haar en manlief, Braam Riekert, se klein Braambossie.

En Woensdag vier die gesin al hul prinses, Miana, se tweede verjaardag.

Pa Braam en Sorina swel behoorlik van trots oor hul twee pragtige kinders. En Miana se ouboet, Braambossie (Braam), word op 14 April reeds vier jaar oud.

Donderdag het Sorina 'n oulike foto van Miana se kunswerk gedeel. Dis duidelik dat sy net soos haar mamma haar kreatiwiteit ten volle uitleef.