Nie net is sy nuwe album, My Harlekyn, einde Julie op die winkelrakke nie; hy kan ook skaars wag vir die koms van sy en sy vrou, Lanie, se dogtertjie.

Teen Huisgenoot se druktyd was Lanie reeds twee weke oor haar tyd, maar Pieter vertel omdat die kleinding twee weke agter haar groeityd is, is sy nie in gevaar nie.

Foto: Verskaf

“Binnekort kan ons lekker popspeel, en ek sal seker ’n haelgeweer moet aanskaf,” skerts die sanger. Hy het sy vertonings so beplan dat hy in die komende tyd nader aan Pretoria, waar hulle woon, optree.

Foto: Verskaf

“Pappa moet mos ook help doeke omruil.”

Hulle wil die baba Emily Lea doop. Lanie het van dié naam gedroom voor hulle geweet het sy is swanger.