Dit was vir hulle belangrik om in Bloemfontein te trou, aangesien dit is waar hul liefdesverhaal begin het, vertel Hannchen. 

Om die eerste keer as mnr. en mev. Van Dyk voor al hul famile en vriende te dans was vir haar ’n hoogtepunt. 

maks van dyk,hannchen mielmann,troue
Die Van Dyks se eerste dans as getroude paartjie. Foto: Louis Reynhardt Productions

“Die opbou in die kerk en die oomblik toe ek Hannchen vir die eerste keer in haar pragtige trourok sien, was vir my baie spesiaal,” vertel Maks op sy beurt. 

maks van dyk,hannchen mielmann,troue
Maks maak reg vir die groot oomblik. Foto: Louis Reynhardt Productions

“Sy was perfek,” koer hy.

Die twee het besluit om eers hul wittebrood uit te stel. 

maks van dyk,hannchen mielmann,troue
Albei Hann­chen se ouers asook Maks se pa is reeds oorlede, en is by die troue op spesiale wyse geëer. Foto: Louis Reynhardt Productions

“Ons kry nie baie die geleentheid om saam in Suid-Afrika by ons familie en vriende te kuier nie so ons sal die wittebrood beplan en bespreek wanneer ons weer ’n af tydjie kry,” sê Hannchen.

Sy en Maks woon al die afgelope 3 jaar in die buiteland en sê hulle waardeer nou die skoonheid, kultuur en kos van Suid-Afrika meer.