Die kleinding het sy eerste verjaardag saam met maatjies by ’n waterpark in Venisië, Italië, gevier.

Die egpaar, wat tans hier woon waar Dewald vir 'n Italiaanse klubspan rugby speel, het onlangs Kaapstad vir ’n week besoek en ook Nixon se geboortedag saam met familie en vriende op ’n plaas buite Stellenbosch gevier. 

Die trotse ouers het op ’n Mickey Mouse-tema besluit. 

“Sedert ons eerste besoek aan Disneyland in Parys het ons van die Mickey Mouse-idee gehou. Toe Nixon die Mickey Mouse-liedjie hoor het hy begin dans. Dis toe dat ek geweet het dis die regte tema vir sy eerste verjaardagpartytjie,” vertel Nické aan Huisgenoot.

Nicke en Dewald
Nixon se pragtige verjaarsdagkoek. Foto: Mick Creative Lifestyle
Nicke en Dewald
Foto: Mick Creative Lifestyle
dekor
Foto: Mick Creative Lifestyle

Nické sê sy het wel besluit om die tradisionele Mickey Mouse-tema 'n moderne kinkel te gee. Die kleinding het sy verjaardag omtrent geniet en het selfs ’n ‘cake smash’ gehad, waar hy sy koek ingevaar het. Hy het die oomblik terdeë geniet en was glad nie skaam voor die kamera toe die ervaring gekiek is nie.

Volgens Nické het dié fotosessie so goed verloop dat hulle vergeet het dat daar kameras betrokke was.

Nixon
Volgens sy ma is Nixon 'n spontane klein mens. Foto: Bianca Smit Photograpy

Die kleinman is ook omtrent ’n stralerjakker en was reeds op 18 internasionale vlugte en het in die afgelope 12 maande sewe lande besoek. Dewaldt draf tans vir die Italiaanse rugbyspan Benneton Treviso in die Pro 14 uit terwyl Nické voltyds na Nixon omsien. 

Nixon
Nixon het sy 'cake smash' baie geniet. Foto: Bianca Smit Photograpy

“Die afgelope jaar was ongelooflik, want ek het die voorreg om self na Nixon te kyk. Om hom te sien grootword is so ’n wonderlike gevoel. Hy is n gelukkige en charismatiese babaseuntjie, vol pret en glimlagte,” borrel Nické.

Nické sê hy is 'n woelwater wat lief is vir nuwe avonture. “Ek moet agter hom aan hardloop, bal speel – en soms speel hy lekker rof. Ek hou dan net asem op in en hoop dat hy nie seerkry nie. Hy is my beste vriend hier in Italië,” vertel sy laggend. 

Hoewel Dewaldt baie besig is, het pa en seun ’n hegte band, vertel Nické.

“Nixon is die klein weergawe van sy pa en natuurlik met Dewaldt wat ’n beroepsportman is, speel hulle altyd met ’n bal,” sê sy.

View this post on Instagram

Celebrating my boy ????

A post shared by Dewaldt Duvenage (@dewaldtduvenage) on

Die trotse pa leer sy spruit al van jongs af ’n paar truuks, maar die twee het altyd hope pret wanneer hulle saam is.

“Hy lyk baie soos sy pa, maar sy persoonlikheid is meer soos myne. Hy baie gesellig en geniet dit om saam met my in die buitelug te oefen,” sê Nické.

Hul kleinding begin nou ook te klets en sy eerste woorde was ‘mamma’, sê Nické trots.

“En ja, sy ouma het hom in aanloop tot die Curriebeker-eindstryd geleer om Cheetah te sê, en nou sê hy Cheethaaaaaaaaas!,” het sy grappig vertel. 

View this post on Instagram

When mama calls ??@nickebellinganduvenage #mamasboy ??

A post shared by Dewaldt Duvenage (@dewaldtduvenage) on

Nické se wense vir haar seuntjie is om ’n volkome gelukkige, liefdevolle en goedhartige mens te wees.

“As ouers wil ons graag hê hy moet eendag lojaal, nederig en ’n eerbiedige man wees. Hy moet veral respek teenoor vroue betoon,” se Nické.

View this post on Instagram

♥?Nicke & Nixon ♥?

A post shared by Dewaldt Duvenage (@dewaldtduvenage) on

En of daar planne is vir ’n boetie of sussie vir Nixon in die nabye toekoms, meen Nické glad nie. “In dié stadium wil ons graag net vir Nixon grootmaak, hy’s reeds ’n handvol,” sê die betrokke ma.