Tog het die paartjie nie toegelaat dat dit hulle onderkry nie. Katinka het met die idee vorendag gekom dat sy en Braam vir mekaar ’n brief moet skryf en dit dan vir mekaar, op wat veronderstel was om hul troudag te wees, voor te lees. 

“Ons het supervroeg opgestaan. Ek het my grimering en hare gedoen en natuurlik ons maskers gegryp om sewe uur foto’s te gaan neem,” vertel Katinka. 

Sy en Braam het in Desember verlede jaar by haar ouerhuis op Mosselbaai verloof geraak. 

katinka oosthuizen,braam weyers
Hulle is al twee jaar 'n paartjie. Foto: Katinka Productions

“Ons het vir mekaar ’n brief geskryf oor ons journey, waarvoor ons opgewonde is en hoe die Here teenwoordig was in ons verhouding die afgelope twee jaar,” sê sy. 

Al sou hulle op die dag vir mekaar hul troubeloftes lees was dit net so spesiaal om vir mekaar ’n brief voor te lees. 

“Jy skryf altyd briefies vir mekaar en dan lees die ander persoon dit, maar dis ’n ander gevoel as jy self vir iemand ’n brief skryf en dit lees, want jy skryf dit regtig uit jou hart uit,” vertel sy. 

katinka oosthuizen,braam weyers,verloof
Die paartjie het in Desember verlede jaar verloof geraak. Foto: Katinka Productions

Haar goeie vriendin Kayla Wagenaar het die spesiale oomblik vasgevang. 

“Ons het haar gevra, want ons is super gemaklik met haar. Sy sou een van my strooimeisies gewees het en vir haar om daar te wees saam met ons, was baie spesiaal gewees.”

Tog erken Katinka, wat ook die VIA-musiekprogram Klink soos naweek met JOOX aanbied, dat dit nie ’n maklike besluit was om hul troue uit te stel nie. 

katinka oosthuizen,survivor,inperking
Weens die inperking kon die paartjie nie die afgelope naweek trou nie. Foto: Katinka Productions

“Ons het gedog die lockdown gaan verby wees, maar toe verleng hulle dit met twee weke. Ons het gedink ons kan dit steeds doen, maar ongelukkig is Braam se ouers in die Oos-Kaap en die troue sou in die Kaap wees en daar kan mos toe nie tussen provinsies getravel word nie. Ons sou ook nie trou sonder sy ouers nie,” sê sy.

“Op die oomblik voel ons opgewonde vir die journey en weet God het ’n groot plan met alles en ons sien uit vir wat dit kan wees,” voeg sy by.

katinka oosthuizen,braam weyers
Katinka en Braam het op Saterdag vir mekaar briewe voorgelees. Foto: Katinka Productions

Juis omdat die toekoms nog so onseker is het die paartjie nog nie op ’n nuwe datum besluit nie. 

“Ons wag vir baie sekerheid en vrede in ons harte voordat ons die volgende datum kan vasstel.”