Tracey, wat deel is van die gewilde kykNET & kie-geselsprogram Tussen ons, het Vrydag op Instagram onthul haar “trouweek” het tot 'n einde gekom.

“Ons was geseën met die beste gaste, organiseerders, diensverskaffers, vriende, familie, bruidsgeselskap en venue,” skryf Tracey op Instagram. “Baie liefde, mev. Mabombo,” sluit sy dié inskrywing af. 

View this post on Instagram

A post shared by T R A C E Y L A N G E (@traceylange) on

Tracey het hierna nog foto's van haar groot dag met haar Instagram-volgelinge gedeel.

Haar trouruiker het veral 'n spesiale plek in haar hart.

“Toe my pa (Colin) in 2018 afgesterf het, het Kyra vir my ma gesê om van sy strikdasse te hou vir die dag wanneer ek trou. Hoe pragtig is dit dat ek Donderdag op sy verjaardag daardie das om die stingels van my ruiker kon vasmaak,” skryf sy by 'n foto van haar ruiker.

“Dit het gevoel hy het my hand deur die dag vasgehou.”

Die paartjie het by Ideas Cartel in die Kaapse middestad getrou. Tracey is tans op verlof en kyk net nou en dan na haar e-posse, het haar persoonlike assistent aan Huisgenoot gesê toe ons Tracey om kommentaar genader het.

Bekendes soos die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss en die sanger en TV-aanbieder Emo Adams het die paartjie op Instagram geluk gewens.

“So bly vir julle,” het die sangeres Leah by een van Tracey se troufoto's geskryf.

Tracey en Avukile het mekaar meer as sewe jaar gelede by die televisiepersoonlikheid Tammy-Anne Fortuin se verjaardagpartytjie ontmoet.

“Hy was so ’n cool ou,” het Tracey einde 2019 aan Huisgenoot vertel. 

Avukile het die jawoord by hul huis in die Kaapse middestad gevra. “Ek het van die kerk af gekom. Hy het gereël dat ’n persoonlike sjef vir ons ontbyt maak: al my gunsteling-dinge was daar, soos eggs benedict, muffins, oesters, croissants, sjampanje en sonneblomme. Dit het vir my gevoel asof ek in ’n hotel is.”

Am I allowed to still share more pics of our wedding day? ???? So what many people don’t know, is that we only decided...

Posted by Tracey Lange on Tuesday, 6 October 2020

Tracey is ook ’n omroeper by die Kaapse radiostasie KFM en aanbieder op die kykNET-vermaaklikheidsprogram Bravo!. Avukile is ’n strategiedirekteur. Die oulike paartjie reis gereeld die wêreld plat en was al onder meer in Boedapest, Mosambiek, New York, Brasilië, Istanbul, Duitsland, Nederland en die Tsjeggiese Republiek.

By ’n foto wat Tracey van haar en haar bruidegom op hul troudag op Instagram gedeel het, laat sy hoor: “Nou is daar geen keer aan ons nie.”

Die bekroonde Kaapse modeontwerper Anene Ferreira het Tracey se rok in 26 dae ontwerp, skryf Tracey. “Elke oomblik wat ek dié meesterstuk aangehad het, het ek daarvan gehou.” 

Foto's: ANNE MARAIS en TraceyBaardPhotography