Juanita met haar eersteling, Zia.  Foto: My1Moment
Foto: My1Moment Photography

Juanita, wat die joernalis Jana Kritzinger in die sepie Getroud met rugby speel, en haar regisseur-man, André Velts, se dogtertjie is 3 September gebore.

Juanita en klein Zia Foto: My1Moment
Juanita en klein Zia Foto: My1Moment

"Die min slaap is rof, maar ons het gelukkig baie hulp gehad met my ma- en skoonma-hulle en vriende van Knysna wat kom kuier het. Daardie ekstra paar hande maak ’n enorme verskil,” sê sy. 

Juanita met haar eersteling, Zia.  Foto: My1Moment
Juanita met haar eersteling, Zia. Foto: My1Moment Photography

Ondanks die min slaap kan Juanita nie genoeg kry van hul klein poplap nie. En mens kan verstaan hoekom.

Kyk jy na die mooi foto’s van My1Moment Photography, kan jy duidelik sien hoe klein en fyn is sy.

Foto: Verskaf
Juanita met haar eersteling, Zia. Foto: My1Moment Photography

Juanita sê André, die regisseur van Huisgenoot se tweede fliek, Vergeet my nie,  is reeds ’n goeie pa.

“Ek het ’n ander kant van hom gesien. Hy is sag, versorgend en hulle geselsies is dierbaar. Die manier wat hy na haar kyk, maak my net nog liewer vir hom,” sê sy. 

zia
Andre Velts en klein Zia. Foto: My1moment

Zia is met ’n noodkeiser gebore en het met geboorte gesukkel om asem te haal. Sy het 2,2kg geweeg. “Ek het hoë bloeddruk ontwikkel en sy het gewig begin verloor. Dit was erg, want ons het nie geweet of sy oraait gaan wees nie,” vertel Juanita. 

Klein Zia het egter 800g opgetel sedert geboorte en is perdfris en gesond. 

“As sy klaar gedrink het en ek moet winde uit skud dan trek sy haar rug hol en tuit haar lippe sodat jy net dubbelken sien. Ek wil haar gevreetjie opeet so cute is sy,” sê Juanita. 

Juanita met haar eersteling, Zia.  Foto: My1Moment
Juanita met haar eersteling, Zia. Foto: My1Moment Photography

Sy het voorheen aan Huisgenoot gesê sy hoop hulle dogter sal ’n lig in dié wêreld wees. Die naam Zia is die Meksikaanse teken vir die son. 

Juanita het onlangs aan kykNET gesê sy het reeds met klein Zia op stel gaan spog. “Daar is gelukkig baie babysitters en almal is baie lief vir kinders.”

Juanita sal weer van middel November terug wees op die stel van Getroud met rugby

Foto’s: My1Moment Photography
Klere: MKD Baby
Naels: Nails at Belinda
Grimering: Michelle Nolan