Die jongste glans-ewebeeld oor wie mense oe en aa, is Jessica Alba se dogter Honor Warren.

Die aktrise (37), wat in 2008 met die rolprentvervaardiger Cash Warren (39) getroud is, het onlangs haar dogter se 10de verjaardag met ’n oulike kiekie op Instagram gevier.

Op die foto hou Honor haar bababoetie, Hayes (5 maande), vas terwyl haar jonger suster, Haven (6), ook breed glimlag. Foto: Instagram

Op die foto hou Honor haar bababoetie, Hayes (5 maande), vas terwyl haar jonger suster, Haven (6), ook breed glimlag.

#mothersday brunch w my 3 babies -heart is full! ??#momof3

A post shared by Jessica Alba (@jessicaalba) on

“My babadogter Honor is 10! Ek kan dit nie glo nie! Sy is so gaaf, bedagsaam, intelligent, kunssinnig en sorgsaam . . . Ek is baie trots daarop om haar ma te wees,” skryf Jessica by die foto.

Bronne: DailyMail.co.uk, GQ.com