Randy Andy, soos hy bekendstaan, is verlede jaar gedwing om sy koninklike pligte vaarwel toe te roep ná sy rampspoedige onderhoud met Newsnight oor sy verhouding met wyle Epstein en Virginia Roberts se bewerings dat hulle saam geslaap het toe sy ?17 jaar oud was.

Nou het twee vroue, onder wie die Amerikaanse model Caprice, vertel die prins se “kenmerkende” manier om vroue te beïndruk en oorreed om met hom uit te gaan was dat hy hulle op die koningin se troon in die Buckinghampaleis sou laat sit.

Die koningin se troon in Buckinghampaleis. Foto: G
Die koningin se troon in Buckinghampaleis. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die 60-jarige hertog en die 48-jarige model het mekaar glo op ’n dinee ontmoet en in 2000 twee maande uitgegaan.

Caprice. Foto: Gallo Images/Getty Images
Caprice. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Hy het haar twee keer Buckinghampaleis toe geneem en op een geleentheid het sy op die koningin se troon gesit,” vertel ’n bron na aan Caprice.

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, PEOPLE.COM, HOLLYWOODLIFE.COM, EONLINE.COM, USMAGAZINE.COM, PAGESIX.COM, DAILYMAIL.CO.UK, EXPRESS.CO.UK, PEOPLE.COM, FOXNEWS.COM
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.