Ná hul besluit om afstand te doen van hul rolle as senior koninklikes het prins Harry (35) en sy vrou, Meghan (38), reeds ’n nuwe lewe vir hulself begin uitkerf.

Hulle het die afgelope ruk ’n rustige bestaan met hul nege maande oue seun, Archie, gevoer. Die twee sal hul koninklike verpligtinge op 31 Maart afsluit, en het glo begin huis soek in die suide van Kalifornië.

Die egpaar, wat tans in Kanada woon, het glo hul oog op ’n herehuis in Malibu genaamd Petra Manor, wat glo in dieselfde gebied is waar Meghan se ma, Doria Ragland, woon.

Die huis spog met agt slaapkamers, 10 badkamers, ’n rolprentteater en ’n spoggerige wynkelder. Dit het eens aan die Baywatch-akteur David Charvet en sy eksvrou, Brooke Burke, behoort.

Die werklikheidstelevisiester Caitlyn Jenner het die inligting tydens ’n televisieverskyning op die program Loose Women, laat val. “Prins Harry en Meghan Markle soek vir ’n huis in Malibu,” het sy gesê.

Die woning van 70 hektaar kos glo sowat R105 miljoen en Caitlyn se jongste kind, die werklikheidster Kylie Jenner, het dit in 2018 twee weke lank saam met haar voormalige beste vriendin, Jordyn Woods, gehuur.

View this post on Instagram

sweetest love I’ve ever known ??

A post shared by Kylie ? (@kyliejenner) on

Die berigte dat Harry en Meghan moontlik Malibu toe trek, kom nadat hulle bekendgemaak het hulle gaan die Sussex Royal-handelsnaam laat vaar met alle toekomstige ondernemings nadat hul koninklike pligte afgesluit is.

Die paar het gehoop om hul liefdadigheid- en kommersiële werk buite die Buckinghampaleis met die Sussex Royal-handelsnaam voort te sit, maar Harry se ouma, koningin Elizabeth, het glo 'n stokkie daarvoor gesteek.

Bronne: Elle, Variety, Channel24