Hertog en hertogin van Sussex het glo die naweek in Amal en George Clooney se blyplek langs die Comomeer deurgebring, berig Us Weekly.

“Die Clooneys het Meghan en Harry aan die begin van die somer met ’n ope uitnodiging persoonlik na hul huis genooi,” het ’n bron aan Us Weekly gesê.

Die koninklikes het drie nagte by die A-lysers deurgebring nadat hulle op 16 Augustus by die Comomeer aangekom het. 

Amal help Meghan om aan die lewe in Londen gewoond te raak.

Die bron sê voorts: “George en Amal was bly om Meghan en Harry te ontvang. Harry en George het ’n spesiale band en vriendskap.” 

Die reis kom voor die toer na Australië wat die koninklikes vir Oktober beplan het en waartydens hulle die Invictus-spele sal bywoon, berig The Guardian.

Die Clooneys is glo goeie vriende van die koninklikes en het selfs hul troue op 19 Mei bygewoon. 

Amal ken Meghan blykbaar al ’n ruk en het die hertogin aan haar eie persoonlike haarstilis, Miguel Perez, voorgestel, berig Express

“Amal help Meghan om aan die lewe in Londen gewoond te raak,” sê ’n bron. “Dit was van dag een af ’n natuurlike vriendskap,” voeg die bron by. 

Met dié dat Amal ’n menseregte-aktivis en die hertogin sedert 2015 ’n aktiewe VN-vroueregtevoorstander is, is hul vriendskap eintlik nie verbasend nie. 

Bronne: Us Weekly, The Guardian, Express