Die hertog van Sussex het Maandag besoek by die Institute of Translational Medicine en die Scar Free Foundation Centre for Conflict Wound Research by die Koningin Elizabeth-hospitaal in Birmingham afgelê, berig Daily Mail.

Die 34-jarige prins het tydens sy toer van die plek vir JJ Chalmers, ’n ou vriend en oudvlootsoldaat, ontmoet wat pas die pa van klein James geword het. 

JJ en sy vrou, Kornelia, het die vyf weke oue James aan die prins voorgestel, berig People

“Jy is volgende aan die beurt!” het JJ aan sy ou pel gesê terwyl Harry senuweeagtig geglimlag het.

Harry het die sentrum besoek om sy steun vir beseerde veterane te toon. Die versorgingsfasiliteit is geskep om slagoffers van terreurvoorvalle te help om die sielkundige en fisieke uitwerking van hul ervaring te verwerk, berig ET Online.

Harry het vroeër die dag die families ontmoet van 31 Britse slagoffers van die terreuraanvalle in Tunisië in 2015. Die hertog het tydens ’n gedenkdiens by die Cannon Hill-park in Birmingham ’n gedenkteken aan die slagoffers opgedra.

“Ter herinnering aan almal wat hul lewe verloor het, en aan die families wie se lewe vir altyd deur hierdie gebeure verander is,” het Harry gesê, “ek wil my diepste respek betoon aan julle en amptelik hierdie gedenkteken aan jul geliefdes opdra.” 

BRONNE: Daily Mail; ET Canada; People