Volgens die Britse dagblad The Sun is die 38-jarige oudste seun van prins Charles en wyle prinses Diana ’n allemintige 17,6 miljoen keer as “sexy” beskryf in artikels, blogs en ander webbladsye.

Dit is volgens ’n studie wat deur die kosmetiese chirurgie-spesialiste Longevita gedoen is waar hulle sleutelwoorde op die soekenjin Google bestudeer het.

William en sy vrou, Catherine (39), vier in April vanjaar hul tiende huweliksherdenking. Hulle het drie skattige kleingoed, prins George (7), prinses Charlotte (5) en prins Louis (2).  

Die hertog van Cambridge, wat die tweede aanspraakmaker op die Britse troon is, het die titel van die sexyste man met 'n bles weggeraap voor ander bekende haarlose sterre soos die bokser Mike Tyson en die akteur Jason Statham. Die res van die topvyf is die rapper Pitbull en die basketbal-legende Michael Jordan. 

Volgens The Sun het die Russiese president, Wladimir Poetin, die top-10 net-net misgeloop ná daar 2,2 miljoen keer aanlyn na hom as sexy verwys is. 

Die top-10 lyk soos volg: 

1. Prins William

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images


2. Mike Tyson

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

3. Jason Statham

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

4. Pitbull

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

5. Michael Jordan

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

6. Floyd Mayweather

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

7. John Travolta

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

8. Bruce Willis

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

9. Dwayne ‘The Rock’ Johnson

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

10. Vin Diesel

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Nadat die lys bekend geword het, het die internet omtrent gegons met mense wat glad nie te vinde was vir die uitslae nie. 

Sosialemediagebruikers is veral ontstig omdat dit lyk asof die studie die akteur Stanley Tucci (60) heeltemal geïgnoreer het. 

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

“Wat het Stanley Tucci gedoen om met so min respek behandel te word,” wou ene Alistair Ryder weet. 

Stanley het self ook later die gek geskeer op Instagram. 

“Wie se kroon moet die kroon dra? So baie keuses,” het die ster van flieks soos The Devil Wears Prada en Easy A geskerts. Daarby het hy foto’s gedeel van homself, Bruce, Dwayne, die aktrise Tilda Swinton in haar rol as die Ancient One in Guardians of the Galaxy, sir Patrick Stewart, Jason Statham, LL Cool J, Mark Strong en ook Ryan Reynolds.

Bruce en Dwayne beklee onderskeidelik die agtste en negende plekke op die lys. 

Hier plaaslik het die krieketster Herschelle Gibbs, wat ook al jare lank bekend is vir sy kaalkop, ook sy opinie uitgespreek. 

Foto: Instagram (@herschellegibbs)
Foto: Instagram (@herschellegibbs)

“Is julle seker daaroor?” wou hy grappenderwys op Twitter weet. 

 Ander gebruikers op Twitter wou weet waar sterre soos die akteur Boris Kodjoe en die Franse sokkerster Zinedine Zidane is. 

Hier is nog reaksies uit die sosiale media: 

Bronne: Buzzfeed, The Sun, People, EW.com