Kate Middleton en prins William by prins Philip se
Kate Middleton en prins William by prins Philip se geliefde Land Rover. Foto: Gallo Images/Getty Images

Prins Philip is op 9 April op 99-jarige ouderdom oorlede.

Die Cambridges het in die hertog van Edinburgh se geliefde voertuig opgedaag vir ’n spesiale vertoning van die Disney-fliek Cruella by die paleis van Holyroodhouse in Edinburgh. Die geleentheid was ter ere van gesondheidswerkers se pogings tydens die covid-19-pandemie. 

Koningin Elizabeth (95) het die 1966 2A model vir die paartjie geleen en William (38) het dit in die voorplein van die paleis, die amptelike woning van die monarg in Skotland, geparkeer, tesame met ander antieke motors wat in die fliek gebruik is. 

Prins William en Kate het hulle gate uit geniet.
Prins William en Kate het hulle gate uit geniet. Foto: Gallo Images/Getty Images

Onder die gaste was verskeie werkers van die nasionale gesondheidsdiens (NHS) in Skotland. Hulle is benoem vir die geleentheid deur ’n paneel van gesondheidsrade en lede van NHS Charities Together, waarvan William en Kate beskermhere is. 

En dit was nie hul enigste huldeblyk aan wyle familielede nie. 

Kate (39) het ’n paar dae tevore vir 'n geleentheid styl-inspirasie by William se wyle ma, prinses Diana, gekry toe sy in ’n blou oorknoopbaadjie van Zara en ’n plooiromp deur Hope Fashion in die kleur van die Skotse vlag gekiek is.

Prins William and Kate.
Foto: Gallo Images/Getty Images

Diana het ’n soortgelyke uitrusting in 1992 vir ’n dag se koninklike pligte in Nottingham, Engeland, gedra. Diana het destyds bypassende blou hakskoene gedra, maar Kate het taankleurige suede hakskoene deur Gianvito Rossi en ’n bypassende palmtassie deur Métier gedra. 

BRONNE: METRO.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK