William het tydens ’n onlangse besoek aan ’n liefdadigheidsorganisasie vir brandbestryders in Engeland gesê die geestesgesondheidsveldtog sal binnekort die diens aan nooddienswerkers bied en het bygevoeg hy wil baie graag betrokke raak by berading en steun vir hierdie werkers.

“Ek wil myself daarvoor beskikbaar stel; ek wil dit graag doen,” het William (37) gesê.

“Selfs al kan ek dit ’n uur lank op my skootrekenaar doen. Ek wil die opleiding doen en kan help.”

‘Selfs al kan ek dit net ’n uur op my rekenaar doen, ek wil die opleiding doen en ander help’ – William, hertog van Cambridge

Dit sal nie die eerste keer wees dat die pa van drie sy tyd vir sy land se staatsdiens opoffer nie.

prins William
William het die nuus gedeel tydens sy ­besoek aan die brandbestrydersliefdadigheidsorganisasie Harcombe House. Foto: Gallo Images/Getty Images

Hy het in 2015 by die East Anglian Air Ambulance-diens aangesluit nadat hy byna vyf jaar as helikoptervlieënier vir die Britse lugmag se soek-en-reddingspan gewerk het.

Hy het verskeie sendings as vlieënier gedoen tot met sy uittrede in 2017.

BRONNE: TMZ.COM, REALTOR.COM, EONLINE.COM, PEOPLE.COM, HELLOMAGAZINE.COM, METRO.CO.UK, BET.COM
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.