Maar weens die COVID-19 pandemie wat die wêreld tans in ’n wurggreep het, en mense noop om so ver as moontlik van mekaar af te bly, gaan Beatrice se troue nie op 29 Mei vanjaar kan plaasvind nie. 

Volgens die paleis besluit die paartjie nog oor of hulle voortgaan met ’n privaat troue met ’n klein groepie vriende en familie. 

View this post on Instagram

You will never be alone my love, my heart is your home. Hand in hand, today, tomorrow and forever. ?? Photo Credit @misanharriman ????

A post shared by Edo Mapelli Mozzi (@edomapellimozzi) on

Beatrice (31), die oudste dogter van die omstrede prins Andrew en sy eksvrou, Sarah Ferguson, het in September 2019 in Italië aan Edoardo (37), 'n eiendomsontwikkelaar, verloof geraak.

Beatrice se ouma, koningin Elizabeth, het toestemming gegee dat haar kleindogter en haar Italiaanse verloofde, wat ’n driejarige seun uit ’n vorige verhouding het, by die St. James-paleis in Londen kan trou.

Haar onthaal sou by Buckinghampaleis gehou word.  

Beatrice, die negende aanspraakmaker op die Britse troon, is “baie hartseer” dat haar troudag moet verander, sê ’n vriend.

“Die hoofrede is die veiligheid van hul gaste,” het ’n bron aan die Britse poniekoerant The Sun vertel.  “Daar sou 150 gaste by die troue wees en dubbel dié aantal by die onthaal. Dit is ’n risiko."

Koningin Elizabeth vier op 21 April haar 94ste verjaardag. “Die koningin sou daar wees en dis onregverdig om haar op die ouderdom van 94 so in gevaar te stel.” 

Die koningin het reeds Buckinghampaleis verlaat en verskeie toekomstige verpligtinge gekanselleer om by Windsor-kasteel te bly te midde van die coronavirus-pandemie.

Volgens ’n Buckinghampaleis-woordvoerder wil die paartjie geen onnodige risiko’s in die huidige omstandighede neem nie. 

“Hulle is baie bewus van die regering se maatreëls met met betrekking tot die welstand van ouer familielede en groot byeenkomste.”

Beatrice se ma beplan die troue en is glo “bitter teleurgesteld” oor die kansellasie. 

Op 1 April was daar reeds 25 150 bevestigde gevalle van COVID-19 in Brittanje en 1 789 mense is reeds hier dood aan dié siekte. 

Bronne: express, sun, theguardian