Die gala was die nuwe paartjie se eerste amptelike openbare verskyning sedert gerugte van hul verhouding in November verlede jaar die ronde begin doen het. 


Die sterbelaaide geleentheid Dinsdagaand deur London’s National Portrait Gallery aangebied. 

Van die ander A-lysgaste was David en Victoria Beckham, Liam Payne en die model Jourdan Dunn. 

Beatrice het glo vroeg in Oktober met die eiendomsontwikkelaar en pa van ’n seun begin uitgaan, maar die twee het hul verhouding tot nou geheim gehou, berig Daily Mail

Edoardo het reeds Beatrice se ouers, prins Andrew en Sarah, die hertogin van York, ontmoet, berig Hello! Magazine

Prinses Beatrice en haar nuwe kêrel Edoardo Mapell
Prinses Beatrice en haar nuwe kêrel Edoardo Mapelli Mozzi. Foto: Gallo Images/Getty Images

Al het die twee nie openlik gekoer het, het hulle asemrowend in hul formele drag gelyk – Beatrice in ’n rooi fluweel-vallerok by Jimmy Choo-hakskoene. 

Hul verskyning saam bevestig die gerugte dat hulle uitgaan, maar kan dit ’n aanduiding wees dat die twee besig is om ernstig te raak? 

Bronne: Daily Mail, E! Online , Hello! Magazine