Op een foto hou die sibbes hande vas en op ’n ander een soen prinses Gabriella haar boetie.  

??

A post shared by HSH Princess Charlene (@hshprincesscharlene) on

Volgens die Amerikaanse uitgawe van die tydskrif Hello steel die tweeling gewoonlik die kollig wanneer hulle saam met hul ouers uitgaan, want hulle wys altyd hoe lief hulle mekaar het.  

Prinses Charlene het ook kiekies geplaas van toe haar kleingoed ’n akwarium besoek het. En die twee lyk skoon verwonderd oor al die visse. 

Die tweeling het hul derde verjaardag in Desember 2017 met ’n wintertema gevier, volgens Daily Mail UK.

Prins Jacques het ’n Hot Wheels-lanseerder en trok vir sy verjaardag gekry, en prinses Gabriella ’n Barbie-pop en die Barbie Dream Horse.   

Bronne: Instagram; Hello Magazine US; Daily Mail UK