Die voormalige Olimpiese swemmer het in ’n oulike Instagram-inskrywing haar kinders, prins Jacques en prinses Gabriella, met hul verjaardag gelukgewens. “Gelukkige sesde verjaardag. My pragtige kinders,” het sy geskryf.

Charlene (42), wat op Benoni grootgeword het, het saam met haar boodskap twee foto’s van die tweeling, haarself en haar man, prins Albert (62), rondom ’n kersiebeligte verjaardagkoek tussen ander eetgoed en geskenke gedeel. 

Charlene en Albert was formeel geklee – Charlene in ’n elegante roomkleurige uitrustings en Albert in ’n pak – maar hul kleingoed was ontspanne aangetrek. Jacques het gepryk in wat lyk soos ’n eenstuk met dalmatiese motief en sy sussie Gabriella in ’n pienk en wit een.

In die kiekie rus Jacques se hand speels op sy pa se kop.

Die tweeling het verlede jaar ’n verjaardagpartytjie met ’n Smurf-tema gehad en die jaar voor dit ’n superheldtema, kompleet met ’n brandweerwa van Monaco se brandweerafdeling.

Sulke feestelikhede sal waarskynlik nie vanjaar gebeur nie weens die coronaviruspandemie.

Bronne: hellomagazine.com, Instagram