Die krieketspeler Wayne Parnell en sy vrou, die modeblogger Aisha Baker-Parnell, het op Sondag 21 Mei hul pasgebore seun se naam op Instagram bekendgemaak.
“As pa is dit jou plig om vir jou kinders name met kragtige betekenisse te gee,” het Wayne in die inskrywing geskryf.
“Ons wil graag Khalid aan julle voorstel. Hy is vernoem na Khalid ibn Al-Walid, een van die metgeselle van die Profeet (SAW) en een van die grootste krygers in die geskiedenis van Islam.”
“Die naam het ’n spesiale plek in my hart en ek het geweet ek wil my eersgebore seun Khalid noem vanaf die dag toe ek die storie oor sy lewe sewe jaar gelede gehoor het.
“Dankie Sh. Cader dat jy die naamgee-seremonie gelei het. Hy was ook die sjeg wat ons twee jaar terug op 21 Mei 2016 in die huwelik verbind het. Hou asseblief vir Khalid in jul gebede.”
Die trotse ouers het op Dinsdag 15 Mei die geboorte van hul eersteling aangekondig.
Volgens ’n amptelike verklaring wat Aisha se woordvoerder uitgereik het, is die nuwe ouers in die wolke met die nuwe lid van hul gesin.
“Hulle voel geseënd en is opgewonde oor die nuwe toevoeging tot hul gesin. Dis die paartjie se eersteling en hulle kan nie wag om hierdie nuwe hoofstuk in hul lewens te begin nie.”
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET