Om te pak en voor te berei vir uitgebreide reise behoort kinderspeletjies te wees vir koninklikes wat die wêreld platreis.

Maar dis die ongewone items wat hulle saamvat wat talle wenkbroue laat lig.

Die koningin en prins Charles het altyd ’n swart uitrusting op bystand in hul bagasie, ingeval daar ’n skielike dood is, berig die Mirror.

Dié reël is ingestel nadat die destydse prinses tydens ‘n besoek aan Kenia in 1952 op 25-jarige ouderdom van haar pa, koning George, se dood gehoor het.

Onder die vreemde items is ook ’n spesiale rol toiletpapier vir Haar Majesteit, ’n ketel met haar voorletters en ’n warmwaterbottel,” het iemand in die binnekring aan die International Business Times gesê.

Behalwe vir die vreemde items waarmee hulle reis, het Marie Claire berig die 93-jarige koningin en 70-jarige prins van Wallis reis ook met hul eie bloed tydens verlengde reise ingeval hulle bloedoortappings sou benodig.

Express UK het ook berig die enigste tye wat die koningin geld saam met haar dra, is op ‘n Sondag wanneer sy dit as offerande by die plaaslike kerk moet gebruik.

Bronne: Mirror, International Business Times, Marie Claire, Express UK