1. Dié skoolmeisie is deesdae ’n aktrise en is weekaande op die kassie te sien as ’n dokter en moeilikheidmaker in die hospitaaldramasepie Binnelanders.
2. Dié jong uitblinker is al as die mooiste vrou in Suid-Afrika en die heelal gekroon.
3. Hierdie seuntjie is nou ’n bekende gesig op TV en in flieks. Hy was onder meer in Huisgenoot se tweede fliek, Vergeet my nie, en in die dramareeks Siende blind; hy het ook sy eie podsendingreeks, So loop hy maar.
4. Dié skattige meisie gesels deesdae vir ’n lewe. Sy is ’n radio- en televisieaanbieder en is bekend vir haar borrelende persoonlikheid en skaterlag. Sy is ook die skepper van #FlouJokeFriday.
5. Hierdie aktrise was al onder meer ’n vuurvreterprokureur in die kykNET-regsdramareeks Fynskrif. Haar man is ook ’n akteur en was ook in Fynskrif te sien.
6. Dié jong man het in ’n kranige rugbyspeler ontpop. Hy het in 2018 geskiedenis gemaak toe hy die eerste swart speler geword het wat die Springbokspan in ’n rugbytoets aangevoer het.
7. Hierdie radio- en televisieaanbieder se loopbaan in die uitsaaiwese het begin toe sy as Matiestudent ’n prys by die plaaslike radiostasie MFM gaan haal het. Die stasiebestuurder het haar gevra om ’n paar woorde te sê en het toe voorgestel sy moet ’n loopbaan in die uitsaaiwese oorweeg.
Sedertdien het ons al haar stem op Jacaranda FM gehoor, en sy het nou ook haar eie musiekspeletjiereeks op VIA.
8. Dié blondine is deesdae ’n ma van twee, ’n beïnvloeder en sakevrou en getroud met ’n voormalige Proteakolwer.
9. Nes haar beroemde akteur-ouers het dié meisie ’n loopbaan in toneelspel uitgekerf. Sy en haar man was al albei in die sepie Getroud met rugby te sien en sy het ook haar eie klerereeks.
10. Dié akteur het die hoofrol in Huisgenoot se tweede fliek, Vergeet my nie, vertolk en speel nou ’n onderduimse chauffeur op die kassie.
11. Hierdie Dwaalster-akteur word dikwels op straat verwar met Jonathan van Radio Raps en die skrywer en TV-aanbieder Erns Grundling.
12. Tydens die inperking het dié akteur, wat al in reekse soos Die boekklub en Sara se geheim te sien was, sy hande vuil gemaak en by ’n kwekery begin werk.
13. Dié meisie het in haar aktrise-ma se voetspore gevolg en het al in talle plaaslike reekse soos Arendsvlei, Kompleks en Netwerk24 se aanlyn blitssepie Duiwelspoort gesig gewys.
14. Dié blondekop het al ’n verpleegster op die kassie gespeel, en sy doen haar deel vir die omgewing. Sy het ophou vleis eet en spekbome geplant om die planeet te red.
15. Dié kleinding het haar televisiedebuut gemaak as ’n dansonnie in die dramareeks Roer jou voete en was in 2019 as ’n onderwyseres in die dramareeks Alles Malan te sien.
16. Hierdie krulkopmeisie is nou ’n parmantige oggendprogramaanbieder op die kassie en smiddae op die radio. Sy is in 2007 op 17 as die tweede prinses in die Mej. SA Tiener-kompetisie aangewys.
FOTO's: INSTAGRAM (@SIYA_KOLISI_THE_BEAR, @ALBERT_PRET, @CARLAMACKENZIE7, @CINDYSWAAN, @CINTAINESCHUTTE, @DE_APIE, @ITSNICOLEFORTUIN, @PASCALIE, @PIETIEBEYERS, @ROELINEDANEEL, @SEANMARCOV, @TRACEYLANGE, @ZBZOEBROWN, @ZETSKEVPLETZEN, @ZOZITUNZI, @SUEDUMINY)
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET