Die aktrise veral bekend vir die Pitch Perfect-flieks het onlangs ’n foto van haarself op Instagram gedeel waar sy ’n laaggesnyde blou rok dra wat haar vietse lyfie beklemtoon. Dit kom nadat Rebel (40) bekend gemaak het sy wil ’n gesonder leefstyl lei en hoop om haar ideale gewig van 75 kg teen die einde van 2020 te bereik, berig People

“Selfs al moet jy na jou doelwitte kruip, gaan voort. Dit sal die moeite werd wees,” het sy op Instagram geskryf.

View this post on Instagram

Press for LOL Australia ???? coming globally June 19 only on Amazon Prime Video. ??: citychiconline ??& ??‍??: @landoftheamazons Styling: @elizabethstewart1

A post shared by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

“Probeer om elke dag ’n bietjie moeite te doen. Ek weet sommige dae is frustrerend en jy is lus om tou op te gooi, jy raak moeg vir die gebrek aan vordering, maar goeie dinge kom na jou kant toe. Wat is jou doelwitte vanjaar?" wou sy weet.

“Ek moet eerlik wees – ek probeer met my ‘jaar van gesond leef’ om by 75 kg uit te kom en wat my loopbaan betref, probeer ek om een van my flieks aan't vervaardig te kry voor die einde van die jaar. Albei vereis daaglikse werk en daar is gedurig terugslae, maar ek werk hard.”

View this post on Instagram

Hugh ??

A post shared by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

Rebel, wat ses keer per week oefen, het vir Jono Castano Acero, ’n persoonlike afrigter vir bekendes, gevra om haar die kilo’s te help afskud. Haar oefenprogram sluit in gewigsoefeninge, hoë-intensiteit intervaloefeninge, beweeglikheidsoefening en tempo.

Die Australiese aktrise het in ’n onlangse onderhoud met The Sun gesê haar base het haar betaal om “groter te bly” vir haar fliekrolle.

View this post on Instagram

Miss you ?? when is the world reopening again?

A post shared by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

“Dis nie asof ek wil gewig verloor en ’n sekere syfer wil bereik nie. Dit gaan oor meer as dit. Dit gaan oor uitpluis hoekom ek ooreet het en ek het ’n werk waar ek baie geld betaal is om groter te wees, en soms kan dit met jou kop smokkel,” het Rebel gesê.

Rebel bied tans die nuwe Amazon-komediereeks LOL: Last One Laughing Australia aan.

Bronne: Instagram, People, The Sun