“Dis inspirerend om saam met so ’n legende te werk. ’n Mens kan baie leer uit so ’n geleentheid,” sê die jong ster wat vir die eerste keer op dié fees gaan optree.

Refentse tokkel sy ­kitaar.
Refentse tokkel sy ­kitaar. Foto: Instagram/@refentsemusic

Refentse het dit veral geniet om met verskillende tale en musiekstyle te speel terwyl hulle die vertoning beplan het.

Die twee was al saam op die verhoog.
Die twee was al saam op die verhoog. Foto: Verskaf

“Dozi praat ook ’n Zoeloe wat my laat skaam kry. Om saam met hom ’n vertoning te kon skep was soveel pret,” vertel Refentse.

Die fees duur van 25 April tot 1 Mei.