Hoewel haar oudste kind, Tristian (2), se naam al bekend is, het sy nog nie sy bababoetie se naam verklap nie.

Riana is baie privaat en deel nie gereeld foto's van haar en haar man, Cornel de Beer, se kroos aanlyn nie. Die paartjie is in April 2013 getrou.

Sedert haar tweede seun se geboorte op 21 September verlede jaar is daar slegs dan en wan ’n foto van ’n bedekte stootwaentjie te sien. Die kleinman het wel in November verlede jaar op Huisgenoot se voorblad gepryk, maar jy kon nie sy gesiggie sien nie.

In ’n onderhoud met Huisgenoot ná die geboorte het Riana meer oor haar reis na moederskap vertel.

“Vir my is dit eenvoudig ongelooflik. Ek is op ’n plek in my lewe waar dinge van voorheen nie meer so belangrik is nie," vertel Riana. “Om sy asempie te ruik is so ongelooflik. ’n Mens sal jou vuiste vir so ’n lyfie afbaklei,” het sy ma kort ná sy geboorte aan Huisgenoot vertel. “En die oomblikke wanneer hy jou stip in die oë kyk, is wonderlik,” voeg sy by.

Riana is omtrent ’n raakvat-ma. Toe Tristian onlangs twee geword het, het sy self in die kombuis gewoel en die verjaardagkoek gebak. 

Tada!

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

Haar rol as ma is nie al wat haar deesdae bedrywig hou nie. Sy is ook hard aan die werk aan musiek. Riana is onlangs vir twee verskillende liedjies vir beste komposisie van die jaar by die Ghoema-pryse benoem. Riana het onlangs op Instagram verklap dat sy en die sangeres Karlien van Jaarsveld besig is om saam liedjies te skryf.

Skryf bietjie songs saam met @karlienvanjaarsveld en dit gaan ‘HOT’ wees!

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

Dit is egter nie die enigste bekende sangeres wat onlangs ’n mooi foto van hul kleinding gedeel het nie.

Karlien het ook 'n oulike kiekie van haar eersteling met haar man, Joe Breytenbach, op Instagram geplaas.

Hul kleinding Elah, wat in Oktober gebore is, pronk in ’n swart leerbroekie in dié swart-en-wit foto.