Riana en haar man, Cornel de Beer, is reeds die ouers van drie seuntjies, Tristian, wat in Februarie sy vyfde verjaardag vier, Sebastian (3) en Estian, wat in Maart een jaar oud word.

“Kan dit seker nie meer wegsteek nie. Ek het nog altyd gedroom van vier seuns. Dankbaar en geseënd,” het Riana op Instagram laat hoor by ’n kiekie van haar bababoep. 

View this post on Instagram

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial)

Gelukwensinge het ingestroom vir Riana op Instagram nadat sy die babanuus bekend gemaak het. 

"Jou ou stouter. Baie geluk, julle," het die sanger Arno Jordaan in die kommentaarafdeling geskryf.

Yes, yes, yes! Net blessings vir jou en Cornel!” het die sangeres Demi Lee Moore laat hoor.

Blessings upon blessings! Dis fantastiese nuus! Baie baie geluk!” het die sangeres Caroline-Grace Brüssow, wat tans met haar tweede kind swanger is, geskryf. 

In Februarie 2020, terwyl sy swanger was met Estian, het Riana in ’n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot vertel oor haar drome vir vier seuns. 

“Ek het altyd ’n prentjie van vier seuns in my kop gehad. Ek het om die een of ander rede gedink dit sal lekker wees om deur soveel manne omring te word,” het die donkerkopsangeres destyds vertel. 

Sy het ook vertel dat sy haar seuns wil grootmaak om die soort mans te wees met wie sy graag self wou trou. 

“Die wêreld het goeie mans nodig,” het sy toe gesê. “’n Man wat leiding kan neem, ’n gentleman. Die soort ou wat ná ’n romantiese afspraak nog agter ’n meisie aan ry huis toe ‘net om seker te maak sy kom veilig tuis’.”

Riana het nie in haar Instagram-inskrywing verklap hoe ver sy tans in haar swangerskap is nie.