In 2014 het die 30-jarige sangeres van Barbados asemrowend gelyk toe sy by die CFDA Fashion Awards ’n deurskynende rok gedra het wat van Swarovski-kristalle gemaak is. 

Al was dit een van haar ikoniesste voorkomste, dink die Wild Thoughts-sangeres sy kon een ding anders gedoen het – sy kon ’n versierde deurtrekker daarby gedra het.

In ’n onderhoud met Vogue verduidelik die sangeres hoekom sy daardie dag gekies het om nie ’n bra te dra nie.

“Ek het net meer daarvan gehou sonder die lyne onder. Kan jy jou die CFDA-rok met ’n bra voorstel?” vra Rihanna oor haar uitrusting.

“Ek sou my keel gesny het. Ek wou reeds omdat ek ’n deurtrekker gedra het wat nie versier was nie. Dit is die enigste berou wat ek in my lewe het.”

Dit kom nadat die Loyalty-sangeres glo onlangs met die Saoediese biljoenêr-sakeman Hassan Jameel uitgemaak het. 

’n Goeie vriend van die popster het aan Media Takeout gesê Rihanna het vir haar kêrel “moeg geraak”.

“Dis verby. . . Rihanna het sy hart gebreek. Dis wat sy doen; breek mans se hart. Rihanna het net moeg geraak vir hom. Sy raak soms moeg vir mans,” sê die bron.

Die eienaar van Fenty Beauty het nooit die verhouding bevestig nie, maar sê die man wat sy gesien het, het haar ’n nuwe uitkyk op die lewe gegee, berig Daily Mail. 

“Ek het altyd skuldig gevoel oor persoonlike tyd neem, maar ek dink ook ek het nog nooit voorheen iemand ontmoet wat dit werd was nie,” het sy gesê.

Bronne: Dailymail.co.uk, metro.co.uk, mtv.co.uk