Die stylvolle aktrise met die vleklose vel en en swart hare se flair vir klere herinner amper aan 'n ou Hollywood-voorkoms - maar met 'n hedendaagse aanslag. Haar modes val op waar sy ook al gaan.

Daarom is dit geen wonder dat haar en haar man, die regisseur Jozua Malherbe, se 2-jarige dogtertjie, Charlotte James, net so stylvol soos haar talentvolle ma is nie. 

Rolanda deel graag op Instagram foto’s van hulle skattige dogtertjie wat die fraaiste uitrustings dra.

“Ek is mal daaroor om haar mooi aan te trek. Dit is vir my die lekkerste ding onder die son," sê Rolanda, wat  vanaf 18 Maart 2019 as Nina  in die rolprent Die Seemeeu te sien is.“

"Ek begin haar nou vra wat sy wil aantrek."

 Die uitkoms is dan dat sy soms soos "'n Krismisboom" lyk, skerts Rolanda.

"Sy is soos ’n kraai, sy hou van enigiets wat blink."

View this post on Instagram

This child ??????

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Hoe Rolanda haar kleinding se klere kies wissel.

"Ek is nie baie mal oor pienk nie. Ek trek haar maar aan in style waarvan ek hou: denims, strepies, polkas... Ek is baie lief vir eksperimenteer."

View this post on Instagram

Blondi ???? #mygril

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

View this post on Instagram

Moments like these...?? #motherhood #mygirl

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Toe Rolanda destyds uitvind dat sy en Jozua ’n dogtertjie verwag, was sy dadelik opgewonde oor hoe sy haar gaan kan opdollie.

"’n Mens kry die mooiste items vir dogtertjies. Dit was vir my die lekkste toe sy begin loop het en ek vir haar rompe en rokkies kon begin aantrek. As hulle kruip, bly ’n mens maar weg van mooi rokkies omdat dit aan alles vashaak."

Die klein rabbedoe het nog nie haar eie styl ontwikkel nie. "As dit van haar afhang sal sy kaal rondloop," terg Rolanda. "In die somer wil sy haar stewels dra, in die winter weer kort moue.

"Ek het vir haar die mooiste skoentjies en sandale gekoop, maar daarvan wil sy niks weet nie. Sy wil net kaalvoet loop. En ek wil so graag vir haar poniesterte maak en strikkies in haar hare bind, maar sy hou nie in die stadium van goed in haar hare nie," lag Rolanda.


Die skattige kleinding het op 6 Desember twee jaar oud geword. Hulle kon nie toe vir haar 'n partytjie hou omdat Rolanda gewerk het aan die teaterstuk Koningin Lear en Jozua in Johannesburg was vir die rolprent, I am all girl, wat hy vervaardig. 

Die lekkerte was dat hulle haar verjaarsdag toe omring met familie kon vier waar hulle nou in Gansbaai vakansie hou.

In ’n vorige onderhoud het Rolanda vir Huisgenoot vertel dat wanneer haar gemoed die oggend troebel is of sy nie kans sien vir die dag nie, is dit nie koffie of energieskommels wat haar  ’n hupstoot gee nie. Sy floreer op die klere wat sy dra.

Mooi klere beur haar op.

“Dit sit my in ’n bui om blomme te gaan koop of om in die park te gaan stap. Dit maak my lus vir die dag."