Rolanda (40) het by die boodskap ook ’n pragfoto van haar en haar dogtertjie, Charlotte, met haar sowat 17 000 volgelinge op Instagram gedeel. In die swart-en-wit kiekie hou dié ma van een haar slapende kleinding in haar arms vas.  

“Gelukkige Vrouedag aan al die fenomenale skepsels daar buite. Ek weet nie van julle nie, maar ek is flippen lief daarvoor om een te wees en bevooreg om ’n onafhanklike, energieke en liefhebbende klein vrou groot te maak,” het sy by die mooi foto geskryf.

’n Boodskap wat Rolanda met alle vroue wil deel is dat hulle moet besef hoe taai hulle is. “Wees lief vir wie jy is. Respekteer jouself. Jy kan nie respek afdwing nie, maar hoe jy jouself oordra as vrou beteken baie,” het sy aan Huisgenoot gesê. 

Vir Rolanda beteken vrouwees om jouself geheel en al te aanvaar. “Dit sluit buie, plooie en selfs die emosionele veranderinge in wat met ouderdom gepaardgaan,” sê sy. 

A different kind of blue Monday .... #happiness #mondaymood #sea #motherhood #blessed

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Volgens Rolanda leef baie vroue ’n gejaagde lewe en moet hulle dié spesiale dag gebruik om net ’n blaaskans te vat en te dink oor wat dit werklik beteken om jouself ’n vrou te noem. “As jy ’n vrou is, neem vandag ’n oomblik om 100% op jouself te fokus,” sê sy.

Rolanda meen mans moet ook besef hoe belangrik die rol van ’n vrou in hul lewe is. “Vir my is vroue ontsettend sterk. As ma voel ek soos ’n leeumamma wat enigiets sal doen om haar welpie te beskerm. Ma-wees het my laat besef hoe sterk ek werklik van binne is en nog altyd was,” vertel Rolanda. Klein Charlotte word in Desember vanjaar twee jaar oud.

Ag jy weet, so bietjie van n maandag .. Ja dis n pram in die agtergrond.. #maandae

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Die trotse ma meen ook vroue is die hartklop van ’n gesin. “Vroue is so sterk, so sag en vol meegevoel. ’n Vrou se krag lê in die bereidwilligheid om haar emosies te toon. Dit wys jy is kwesbaar en dié gebaar wys dat jy eintlik baie sterk is,” het sy bygevoeg.

Oh Hi Wednesday! #halfpadnaweektoe @hello_bril

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

As ma van ’n dogter is dit vir haar belangrik om haar spruit te leer dat sy eendag as vrou onafhanklik moet wees.

“Sy moet nie chauvinistiese gedrag duld of aanvaar nie. Ek wil ook hê sy moet weet dat mans en vroue gelyk is in die wêreld. Sy moet ook alles in liefde doen en almal liefhê,” verduidelik Rolanda.