“Ons het einde laasjaar besluit om weer swanger te raak,” vertel Rolene in haar video. 

Sy wou egter eers die voorblad-fotosessie vir die onlangse artikel Women’s Health waarin sy verskyn afhandel, want dit sou ’n streng dieet en baie strawwe oefening behels. Daarna het sy en haar man, D’Niel, begin planne maak vir hul tweede kind.

Rolene kondig haar swangerskap op YouTube aan.
Rolene kondig haar swangerskap op YouTube aan.

“Letterlik 3 dae daarna kom my seun na my toe gehardloop en sê, ‘Mamma, Mamma, daar is ’n baba in jou maag!’”. Toe sy daarna ook vir ’n hele ruk lank goor voel, het sy besluit om ’n swangerskaptoets te doen. “En die res is geskiendenis”, vertel Rolene.

Die egpaar se seun is tans 2 jaar en 7 maande oud. “Ons kon vir ’n tyd lank heelwat tyd en aandag aan hom spandeer, so het gevoel die tyd is ryp om weer swanger te te raak.

“Want ek sal sou graag wou geboorte skenk in Januarie of Februarie,” verduidelik Rolene.  

Rolene sê hoewel hulle verby die potensiële krisisstadium van die swangerskap is, gaan sy Dinsdag weer vir ’n skandering om te toets of vir enige moontlike risiko’s.