“Dankie vir die lewe, vir liefde, vir mentorskap en dat jy my onvoorwaardelik steun in alles wat ek doen. Hierdie is vir ons, vir jou, en vir nog vele, vele meer,” het Rolene (25) by een van die kiekies geskryf.

Die paartjie, wat mekaar in 2011 ontmoet het, het in 2014 op Hartenbos verloof geraak, kort nadat Rolene as Mej. Wêreld gekroon is. 

Hulle het in Februarie 2016 getrou en hul babaseun, wat op 6 Januarie een jaar oud geword het, is die jaar daarna gebore. 

Rolene het tot onlangs in Bloemfontein gewoon waar sy haar mediese studie voltooi het. Sy, haar man en die kleinding woon nou eindelik saam as ’n gesin in die Paarl naby Kaapstad. 

“Jy het tot vandag my altyd soos ’n prinses laat voel. Jy’t my my droom laat uitleef, my van agter die skerms aangemoedig,” skryf sy oor haar man in nog ’n Instagram-inskrywing.

Gelukkige herdenking aan die gelukkige paartjie!