“RevitaHealth fokus op voorkomende, geïntegreerde en estetiese sorg,” vertel Rolene in ’n Instagram-plasing. 

Rolene gaan optree as ’n ambassadeur vir dié handelsnaam en praatjies lewer oor vrouegesondheid. 

“Dit gaan alles oor die voorkoming van siektes, om veroudering teë te werk en om jou te help om die beste moontlike weergawe van jouself te wees.” 

Dié slimkop het ook aan Sarie gesê sy is van plan om later ’n MBA aan te pak. 

Rolene en haar man, D’Niel Strauss, en hul seuntjie het onlangs Boland toe verhuis. En dit lyk of sy dit gate uit geniet om saam met gesin onder een dak te bly. 

Sy het nog tot onlangs in Bloemfontein gebly waar sy haar mediese studie voltooi het.

Sterkte met die nuwe avontuur, Rolene!