In Rolene se kantoor by die Val de Vie-landgoed by die Paarl se Revitahealth-sentrum vir holistiese gesondheid, waar sy saam met haar skoonsuster, Ledivia, werk.

“Die mannekyn was eers te groot; toe moes ons wag vir ’n kleiner een,” vertel haar man, D’Niel Strauss. “Ek is bly hy het nou sy plekkie gekry. Sy het ’n gat in haar kantoor by die venster oopgelos vir die rok.”

Die ontwerper Casper Bosman van Bloemfontein het ses maande ná haar kroning die rok aan haar geskenk. Die kleur van sagte pienk rose het hom geïnspireer. Dis gemaak van 45 m handgekleurde sy-organza.

Die rok waarin Rolene Strass mej. Wêreld gewen het staan nou in haar kantoor. Foto: Instagram

“Die rok is nog nie gewas nadat sy dit gedra het nie. Daar is selfs nog grimeermerke op,” vertel D’Niel. Ook die bande wat oor skouer gehang is by Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld is in die kantoor te sien.

“Dis amper soos ’n klein museumpie,” sê D’Niel.