Die televisieaanbieder Roxy Burger se kleinding is eindelik hier! En is sy nie te pragtig nie. Roxy het Saterdag, 'n dag na haar dogter se geboorte, die kleinding vir die eerste keer aan haar sosialemediavolgelinge voorgestel en die allerfraaiste foto van klein Adrienne gedeel – kompleet met ’n naambordjie.

“Ons indigo-baba, Adrienne Shraga. Gebore 12/01/2018. Sy is klaar so geliefde en volmaak op elke liewe manier,” skryf sy by dié skattige Instagram-foto.

Dit is Roxy se eerste kind by haar man, die sakeman Neil Shraga. Net gister (Vrydag) het die hoogswanger Roxy ’n foto op Instagram gedeel van haar bababoepie op 40 weke.  

Roxy het in 2017 in ’n onderhoud aan Huisgenoot gesê haar swangerskap het taamlik maklik verloop.

39 weeks & 4 days ??

A post shared by Roxy Burger (@roxyburger) on

“Ek dink in jou gedagtes sal jy weet hoe dit sal wees, maar jy weet nooit nie. Ek het gedink ek sou ’n gespanne swanger mens wees, maar my man prys my oor hoe goed ek vaar, en ek is gelukkig ek het ’n taamlik maklike swangerskap gehad buiten baie naar wees aan die begin,” het sy gesê.

39 weeks & 4 days ??

A post shared by Roxy Burger (@roxyburger) on

Ons kan nie wag om die avonture van klein Adrienne te sien ontvou nie!