LEN MULLER: SANGER

len muller
Len Muller. Foto: Verskaf

1. My geloof

Dit gee my daagliks perspektief en hou my op my knieë.

2. My roeping

Dit gee my elke dag ’n rede om uit die bed te klim en aan te hou veg vir alles wat goed en reg is.

3. Selfdissipline

Dit gee my vryheid en help my om elke dag te groei en ’n beter man te wees.

SESETHU NTOMBELA: '7DE LAAN'-AKTRISE

sesethu ntombela
Sesethu Ntombela. Foto: Instagram/@sesethuntombela

1. My wit-en-goue wolkombersie

Dit laat my veilig voel en ek hou van hoe sag dit voel. Dit is soos ’n drukkie.

2. Jogurt

My yskas kan leeg wees, maar ek het altyd klein houers jogurt, omdat ek in die middel van die nag wakker word vir jogurt. Die vreemde ding is dat ek dit in die donker eet met my foon se flits aan. Dit smaak regtig beter in die donker.

3. My familie

Daar is min van ons oor en ek bel waarskynlik my broer, Lindokuhle, twee of drie keer per dag.

ROZANNE MCKENZIE: TV-AANBIEDER EN OMROEPER

rozanne mckenzie
Rozanne McKenzie. Foto: Verskaf

1. My FitBlock-klasse

Ek oefen elke oggend sesuur by FitBlock in Bryanston. Dis vir my die beste manier om my dag te begin. Ek voel vol energie daarna.

2. My selfoon

My lewe is op my foon: my e-pos, kalender, boodskappe, foto’s, musiek, alles. Ek kan nie daarsonder nie.

3. My gesin

rozanne en haar gesin
Rozanne en haar gesin. Foto: Verskaf

Alles wat ek doen in my lewe is met hulle in gedagte. Hulle inspireer my om elke dag ’n bietjie beter te wees as die vorige dag, en my kinders, James (6) en Fallon (3), is nou op die ouderdom waar hulle my en my man, Chris Bishop, so laat lag.

Dis baie spesiaal, en ek weet hoe gelukkig ek is om hulle te hê.

GANTANE KUSCH: 'SUIDOOSTER'-AKTEUR

gantane kusch
Gantane Kusch. Foto: kykNET

1. My familie

Hulle is die rede hoekom ek doen wat ek doen. Ek doen iets waarvoor ek lief is vir die mense wat ek lief het.

2. My gesondheid

Ek dink ’n sterk fisieke en geestelike gesondheid verseker optimale werkverrigting.

3. My kuns en ook kuns in die geheel

Ek kan nie sonder kuns nie, soos musiek, fotografie en skryf, want ek is in die vermaakbedryf en het ’n groot passie daarvoor. ’n Oggend sonder musiek is vir my nie die regte begin tot ’n dag nie. 

ELANI DEKKER: AKTRISE

elani dekker
Elani Dekker. Foto: Verskaf

1. Plante en bome

Om naby plante en bome te wees laat my kalm en veilig voel.

2. My verf

Om skeppend te wees is vir my tans die kosbaarste geskenk en dit gee ook vir my iets moois om met ander te deel. Dis my soort ‘feel-good-juice’.

3. Die akteur Stiaan Smith

Hy is my beste vriend en spanmaat. Hy is altyd daar vir my en raak nooit moeg vir my stories nie. 

elani en stiaan
Elani en Stiaan. Foto: Instagram/@elanidekker
elani dekker
Van Elani se kunswerke. Foto: Instagram/@elanidekker
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe