Hy braak die afgelope drie maande bloed en sy stem het begin wegraak, het Rudi Claase (36) op sy Facebookblad geskryf. 

Nadat ’n MRB gewys het daar skort iets in sy keel- en buikarea, moes hy ’n kamera sluk en dokters het bevind die klep wat suur van sy maag na sy slukderm vervoer is heeltemal weggebrand, lui sy inskrywing. 

View this post on Instagram

Vir onmiddelike vrystelling: Ek is seker julle, as aanhangers kon optel dat ek in die hospitaal is. Almal vra waarom en ek het besluit om dit maar vanoggend met julle te deel, aangesien julle my maak wie ek is. Vir die afgelope 3 maande braak ek bloed op en my stem het begin wegraak. Ek is na 'n gastroënteroloog toe vir 'n "MRI Scan" en hulle het iets opgetel in my keel en buik area. Ek is onmiddelik na 'n professor toe verwys. Pype is in my neus en keel af gedruk en ek moes die kamera sluk. Na afloop hiervan het Prof. bloot ontgogel ingestap met my resultate. Die klep wat suur vanaf jou maag na jou slukderm vervoer is heeltemal weggebrand deur gasse in my liggaam. Ek het so 'n groot mantelvliesbreek dat amper die helfte van my maag deur my diafragma gedruk het. Ek is in baie pyn...maar aanhouer wen. Ek moet 3 maande lank konstant of op drips wees of pille drink tot die bloeding in my keel stop, dan moet ek die groot operasie kry. Hy het ook gesê dat daar 'n 40% kans is dat dit kanker is, maar die resultate het gister gekom, en amen, Pappa Vader, ek het nie kanker nie! Tog het ek (teen Prof. Se wense) besluit om al my vertonings te eer en my bes te lewer, so kom asb. Steeds na my (en Angel De Lange) se vertonings toe. Ek is daar! Dankie vir almal se mooi woorde en liefde...en AL MY BLOMME!!!!! So, so mooi! Baie lief vir julle, Rudi Xxx

A post shared by Rudi Claase (@rudi_claase) on

“Ek het só ’n groot mantelvliesbreuk dat amper die helfte van my maag deur my diafragma gedruk het. 

“Ek is in baie pyn, maar aanhouer wen.

“Ek moet drie maande lank konstant óf op ’n drup wees óf pille drink tot die bloeding in my keel stop. Dan moet ek die groot operasie kry,” lui dit verder.

Volgens Rudi het die dokter gesê daar was ’n 40% kans dat dit kanker kan wees, maar die toetsresultate was gelukkig negatief. 

Rudi se vrou, Suzette, sê dit gaan nou beter met hom en hy sterk by die huis aan. 

“Sy keel is nie meer so seer nie, maar hy kla verskriklik oor sy maag. Hy kan ook geen sterk medikasie vir die pyn neem nie, want dit kan die suur in sy maag erger maak.” 

Volgens haar het Rudi nog drie vertonings wat klaar gereël is. 

“Hy gaan die optredes doen en dan vir die operasie gaan. Hy sal daarna sowat ses weke nodig hê om te herstel. 

“Rudi is darem baie sterk en dokters meen daar sal geen komplikasies wees nie.”