“Ek is nie ’n martelvraat nie, maar ek sit in my skoonmammie se strandhuis op ’n bank en huil,” skryf Rudi op Instagram. 

“My lieflike sussie is gediagnoseer met Corona. Sy is baie siek. Suurstofvlakke klim en val, (sy) kry nie asem nie en slaap vir dae aaneen. My hart is stukkend.”

Suzette, Rudi se vrou, sê hulle almal was baie bekommerd oor Anzel. 

“Sy het baie erge simptome gehad,” sê sy.

View this post on Instagram

A post shared by Rudi Claase (@rudi_claase)

Volgens Suzette het Anzel gesukkel om asem te haal en het sy lyfseer ervaar. 

“Dit was touch and go of sy het amper in die hospitaal opgeëindig. Haar suurstofvlakke was baie laag.

“Sy het drie dae lank baie erge simptome getoon. Wanneer jy oor die foon met haar gepraat het, kon jy hoor sy hyg na haar asem, maar sy het ’n suurstofmasjien aangeskaf en dit gereeld gebruik, en dit gaan nou baie beter met haar.”

Suzette sê hulle is nie seker waar Anzel die virus opgedoen het nie. Sy sê verder hulle was bang hulle het ook die virus opgedoen, want hulle het Anzel op Kersdag gesien, en sy het drie dae ná Kersfees positief getoets. 

“Ons het onsself geïsoleer en genadiglik het ons geen simptome getoon nie.” 

Anzel is tans in selfisolasie by haar huis in Johannesburg, en volgens Suzette gaan dit baie beter met haar. Anzel is geskei en het een dogter. Suzette verklap ook dat Rudi vanjaar ’n nuwe solo-album gaan uitreik. 

“Ons is baie opgewonde vir wat die nuwejaar inhou, ons hoop net die pandemie laat ons toe om ’n groot bekenstelling vir die album te hou.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe