Nie net is sy televisieprogram, Shooter, verlede jaar geskrap nie, sy regstwis met sy eksmeisie Elsie Hewitt sleep voort.

Die model (22) het in 2017 ’n saak teen die akteur aanhangig gemaak. Sy beweer hy het haar twee keer by ’n trap afgegooi en geskree: "Gee f***** pad uit my huis!"

Hulle was in daardie stadium reeds uitmekaar, en sy wou glo net haar besittings uit die huis gaan haal het.

View this post on Instagram

????it was bright af

A post shared by elsie (@elsie) on

Sy het ’n hofbevel gekry wat Ryan gelas om haar teksboodskappe aan hom oor die beweerde mishandeling – wat hy glo toe aan sy eksvrou Reese Witherspoon aangestuur het – te oorhandig. Dié twee se paadjies het in 2007 geskei.

Ryan het in 2015 aan Larry King verklap hoekom hul huweliksbootjie gekantel het.

"Ek dink die grootste probleem was ouderdom. Ons was baie jonk toe ons begin uitgaan. Ek dink dit kan probleme tussen twee mense in die bedryf veroorsaak, want so baie dinge gaan daarmee gepaard,” het hy verduidelik.

Die paartjie het twee kinders saam, hul dogter Ava Elizabeth Phillippe (19) en jongste Deacon Reese Phillippe (15), wat nes die jonger weergawes van hul ouers lyk.

View this post on Instagram

me n mine ??

A post shared by ryan (@ryanphillippe) on

Ryan het versuim om die hofbevel te gehoorsaam en is toe met sowat R11 000 beboet. Ryan (44) ontken Elsie se bewerings. Volgens hom probeer sy hom afdreig.

Bronne: Net-a-porterJezebel.comPagesix.comTheblast.com